Osama bin Laden se seun dood

‘n Vlag wat deur verskeie Al-Kaïda-faksies gebruik word.

Hamza, die seun van die Al-Kaïda-stigter Osama bin Laden, is volgens nuusberigte dood.

Die Amerikaanse intelligensieowerheid sê hy het inligting ontvang dat hy dood is. Drie Amerikaanse amptenare het ook sy dood bevestig, maar geen besonderhede gegee oor die datum of plek waar die jonger Bin Laden gesterf het nie, het NBC News berig.

Die Amerikaanse president Donald Trump wou nie kommentaar lewer op die bewerings toe verslaggewers hom daaroor uitgevra het nie.

Daar was ʼn losprys van US$1 miljard (sowat R14,4 miljard) vir Hamza, wat die “kroonprins van jihad” gedoop is. Hy het glo ontluik as die Al-Kaïda-organisasie se leier, terwyl hy gevra het vir aanvalle op die VSA en ander lande uit weerwraak op die Amerikaanse magte wat sy pa in Pakistan in 2011 doodgemaak het.

Dokumente waarop by Osama bin Laden se huis in Abbottabad beslag gelê is, dui daarop dat Hamza gereed gemaak is om as leier van Al-Kaïda oor te neem, het die Amerikaanse departement van buitelandse sake gesê.

Dit was sedertdien baie moeilik om die jong Bin Laden op te spoor. Daar was onder meer berigte dat hy onder huisarres in Iran is, terwyl ander berigte beweer het hy woon in Afganistan, Pakistan of Sirië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Asic ·

Laat ek raai, Die FBI het n tekkie van hom in die see gekry.

Jacobus ·

Volgens FOX News, BBC News en die Guardian Koerant was die prys vir inligting oor Hamza Bin Laden US$1 miljoen en nie miljard nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.