Oscar-bekroonde akteur sterf op 94

Sidney Poitier is Vrydag in die ouderdom van 94 oorlede. Dié foto is in 2002 geneem toe hy ’n ere-Oscar ontvang het. (Foto: Mike Nelson / AFP)

Die Oscar-bekroonde Bahamiaans-Amerikaanse akteur Sidney Poitier is Vrydag in die ouderdom van 94 dood.

Die oorsaak van sy dood is nie in dié stadium bekend nie.

Poitier, wat as Hollywood se “eerste groot swart rolprentster” beskryf word, was in 1958 die eerste swart man wat vir ʼn Oscar as beste akteur benoem is vir sy rol in die fliek The Defiant Ones.

Ses jaar later het hy sy baanbrekende Oscar vir Lilies of the Field verower.

Poitier is in 2002 met ’n ere-Oscar bekroon vir sy “buitengewone vertolkings” op die silwerdoek en vir sy “waardigheid, styl en intelligensie” weg van die skerm. Op televisie het hy destyds ook rolle vertolk soos dié van oudpres. Nelson Mandela.

Talle vermaaksterre, onder wie Whoopi Goldberg en Oprah Winfrey, het emosionele huldeblyke aan Poitier gelewer toe die nuus oor sy dood bekendgemaak is.

“Rus in vrede Sir Sidney Poitier. Hy het ons gewys hoe om na die sterre te reik,” Goldberg, self ʼn Oscar-wenner, getwiet.

“Vir my het die grootste van die ‘groot bome’ geval: Sidney Poitier,” het Winfrey geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Hy was nou ‘n ware legende gewees!
Deesdae is elke tweede akteur of sanger mos `’n legende.’
RIV Sidney Poitier.

Winnie ·

Wens net Kyknet wys van sy rolprente. Hy en Denzel Washington is my gunsteling akteurs

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.