Oscars 2017: Hier is al die wenners

Die sterre van La La Land, Ryan Gosling Emma Stone. Foto: Chris Pizzello/Invision/AP

Die sterre van La La Land, Ryan Gosling Emma Stone. Foto: Chris Pizzello/Invision/AP

Die 89ste Oscar-toekennings is Sondagaand tydens ʼn glansgeleentheid in Hollywood gehou. Die TV-persoonlikheid en komediant, Jimmy Kimmel, was seremoniemeester by vanjaar se toekenningsgeleentheid.

Die aand sal sekerlik onthou word vir Warren Beatty wat verkeerdelik aangekondig het dat La La Land as beste rolprent aangewys is. Moonlight het egter die gesogte toekenning gewen.

Die musiekrolprent La La Land het nietemin met ses beeldjies weggewals. Emma Stone het haar eerste Oscar gewen toe sy as beste aktrise vereer is vir haar vertolking in La La Land. Die rolprent het 14 benoemings ontvang. Die enigste twee ander flieks wat in die geskiedenis van die Oscars vantevore 14 benoemings ontvang het, was Titanic en All about Eve.

Hier is die wenners:

Beste akteur
Casey Affleck – Manchester by the Sea

Beste aktrise
Emma Stone – La La Land

Beste mansbyspeler
Mahershala Ali – Moonlight

Viola Davis het die Oscar gewen vir beste vrouebyspeler. Foto:  Jordan Strauss/Invision/AP

Viola Davis het die Oscar gewen vir beste vrouebyspeler. Foto: Jordan Strauss/Invision/AP

Beste vrouebyspeler
Viola Davis – Fences

Beste rolprent
Moonlight

Beste regisseur
Damien Chazelle – La La Land

Beste oorspronklike draaiboek
Kenneth Lonergan – Manchester by the Sea

Beste aangepaste draaiboek
Barry Jenkins – Moonlight

Beste kostuumontwerp
Fantastic Beasts and Where To Find Them

Beste produksie-ontwerp
La La Land

Beste grimering en haarstilering
Suicide Squad

Beste kinematografie
La La Land

Beste filmredigering
Hacksaw Ridge

Beste klankredigering
Arrival

Stone en Gosling in La La Land

Stone en Gosling in La La Land

Beste klankvermenging
Hacksaw Ridge

Beste visuele effekte
The Jungle Book

Beste animasie-kortfliek
Piper

Beste animasie
Zootopia

Beste dokumentêr
O.J.: Made In America

Beste profiel-dokumentêr
The White Helmets

Beste lewendeaksie-kortfliek
Sing

Beste buitelandse fliek
The Salesman

Beste oorspronklike vertelling
La La Land

Beste oorspronklike liedjie
“City Of Stars” – La La Land

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

buks ·

Ja wragties so amper het die bestes gewen. Oscar o oscar to be or not to bee.

LS ·

Ek weet nie hoekom la la land so goed gedoen het nie, ek het my dood verveel toe ek dit kyk en ek het dit nie eens klaar gekyk nie.

Johann ·

OOPS….daai resultate word tog ge”audit”? Sê als van die sg. Audit firma!!!! KPMG as ek reg is?

broos ·

wie besluit wie die wenners is? la la land was nou wragtig die grootste klomp snert en so “far fetched” gewees. net soos the descendants ‘n paar jaar terug – ook hordes oscars gekry en net so vervelig!!

Ouboet2 ·

Gaan hulle nou vir Donald Trump blameer vir die verkeerde aankondiging

t ·

…en daar leer Jimmy Kimmel die betekenis van die blinde sambok. Skaars klaar tanne uitgepak oor Trump toe maak hulle die grootste Oscar fout ooit. Mooi man!

Ada ·

t – Ek stem so saam met jou! Wat jy saai sal jy maai. En toe byt dit hom in die hakskeen. Ek hoop daar is nog ‘n paar ander wat ook gebyt kan word . Hulle het dit so nodig. Ek hoop Trump lag vir die klein nikswerd. Wat ‘n FOOL!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.