Oscars 2020-benoemings: ‘Joker’ neem lag-lag voortou

(Foto: Matt Sayles/Invision/AP, File)

Die benoemings vir die 92ste Oscar-toekennings is Maandag aangekondig. Die donker drama Joker, met Joaquin Phoenix in die hoofrol, neem vanjaar die voortou met 11 benoemings.

Dié rolprent is gebaseer op DC Comics-karakters en die regisseur, Todd Phillips, is benoem in die kategorie vir beste regisseur. Hy kom teen ander rolprentmakers soos Martin Scorsese vir The Irishman, Quentin Tarantino vir Once upon a time in Hollywood en Sam Mendes vir 1917 te staan. Mendes is vroeër vandeesmaand met die Golden Globe-toekenning vir beste regisseur bekroon.

Phoenix, wat met die Golden Globe vir beste akteur vir Joker bekroon is, is in dieselfde kategorie vir die Oscar-beeldjie benoem. Antonio Banderes vir Pain and Glory, Leonardo DiCaprio vir Once upon a time in Hollywood, Adam Driver vir Marriage Story en Jonathan Pryce vir The Two Popes, is ook in dié gesogte kategorie benoem.

Scarlett Johanssen. (Foto: Invision/AP)

Scarlett Johansson is vir twee Oscar-beeldjies benoem. Sy ding teen aktrises soos Saoirse Ronan (Little Women), Renee Zellweger (Judy), Cynthia Erivo (Harriet) en Charlize Theron (Bombshell) in die kategorie vir beste aktrise mee.

Johansson is ook benoem in die kategorie vir beste vroulike byspeler vir haar rol in Jojo Rabbit, ʼn komedie-drama gebaseer op die boek Caging Skies deur Christine Leunens. Laura Dern (Marriage Story), Florence Pugh (Little Women), Margot Robbie (Bombshell) en Kathy Bates (Richard Jewell) is ook in dié kategorie benoem.

Brad Pitt (Once upon a time in Hollywood), Al Pacino en Joe Pesci (albei vir The Irishman), Tom Hanks (A beautiful day in the neighborhood) en Anthony Hopkins (The Two Popes) is benoem in die kategorie vir beste manlike byspeler.

ʼn Hele rits flieks is genomineer vir beste rolprent, insluitende 1917, Ford v Ferrari, The Irishman, Jojo Rabbit, Joker, Little Women, Marriage Story, Once Upon a time in Hollywood en Parasite.

Die Oscar-toekennings word om 01:30 op 10 Februarie (SA tyd) in die Dolby-teater in Los Angeles in die VSA oorhandig.

Hier is ʼn volledige lys van die benoemings:

Beste fliek

1917

Ford v Ferrari

The Irishman

Jojo Rabbit

Joker

Little Women

Marriage Story

Once Upon a time in Hollywood

Parasite

Beste akteur

Antonio Banderas (Pain and Glory)

Leonardo DiCaprio (Once Upon a time  in Hollywood)

Adam Driver (Marriage Story)

Joaquin Phoenix (Joker)

Jonathan Pryce (The Two Popes)

Beste aktrise

Cynthia Erivo (Harriet)

Saoirse Ronan (Little Women)

Scarlett Johansson (Marriage Story)

Charlize Theron (Bombshell)

Renee Zellweger (Judy)

Beste akteur in ʼn ondersteunende rol

Tom Hanks (A Beautiful Day in the Neighborhood)

Al Pacino (The Irishman)

Joe Pesci (The Irishman)

Brad Pitt (Once Upon a time in Hollywood)

Anthony Hopkins (The Two Popes)

Beste aktrise in ʼn ondersteunende rol

Laura Dern (Marriage Story)

Scarlett Johansson (Jojo Rabbit)

Florence Pugh (Little Women)

Margot Robbie (Bombshell)

Kathy Bates (Richard Jewell)

Beste regisseur

Bong Joon-ho (Parasite)

Todd Phillips (Joker)

Sam Mendes (1917)

Martin Scorsese (The Irishman)

Quentin Tarantino (Once Upon a time in Hollywood)

Beste aangepaste draaiboek

The Irishman

Jojo Rabbit

Joker

Little Women

The Two Popes

Beste oorspronklike draaiboek

Knives Out

Marriage Story

1917

Once upon a time in Hollywood

Parasite

Beste tekenprent

How to Train Your Dragon: The Hidden World

I Lost My Body

Klaus

Missing Link

Toy Story 4

Beste kinematografie

The Irishman

Joker

The Lighthouse

1917

Once upon a time in Hollywood

Beste kostuumontwerp

The Irishman

Jojo Rabbit

Joker

Little Women

Once upon a time in Hollywood

Beste dokumentêre fliek

American Factory

The Cave

The Edge of Democracy

For Sama

Honeyland

Beste dokumentêre kortfliek

In the Absence

Learning to Skateboard in a Warzone (If You’re a Girl)

Life Overtakes Me

St. Louis Superman

Walk Run Cha-Cha

Beste filmredigering

Ford v Ferrari

The Irishman

Jojo Rabbit

Joker

Parasite

Beste internasionale fliek

Corpus Christi (Pole)

Honeyland (Noord-Macedonië)

Les Miserables (Frankryk)

Pain and Glory (Spanje)

Parasite (Suid-Korea)

Beste grimering en haarstilering

Bombshell

Joker

Judy

Maleficent: Mistress of Evil

1917

Beste oorspronklike klankbaan

Joker

Little Women

Marriage Story

1917

Star Wars: The Rise of Skywalker

Beste oorspronklike liedjie

“I Can’t Let You Throw Yourself Away” (Toy Story 4)

“(I’m Gonna) Love Me Again” (Rocketman)

“I’m Standing With You” (Breakthrough)

“Into The Unknown” (Frozen II)

“Stand Up” (Harriet)

Beste stelontwerp

The Irishman

Jojo Rabbit

1917

Once upon a time in Hollywood

Parasite

Beste tekenprent (kortfliek)

Dcera (Daughter)

Hair Love

Kitbull

Memorable

Sister

Beste lewendige aksie (kortfliek)

Brotherhood

Nefta Football Club

The Neighbors’ Window

Saria

A Sister

Beste klankredigering

Ford v Ferrari

Joker

1917

Once upon a time in Hollywood

Star Wars: The Rise of Skywalker

Beste klankvermenging

Ad Astra

Ford v Ferrari

Joker

1917

Once upon a time in Hollywood

Beste visuele effekte

Avengers: Endgame

The Irishman

The Lion King

1917

Star Wars: The Rise of Skywalker

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sdl ·

Dit was n baie vervelige fliek.
Glad nie geniet nie. Uitgerek.

charmaine ·

Ek het die vakansie Joker en Ford v Ferrari gekyk en altwee baie goeie flieks hulle verdien om te wen. Jaocquin as die Joker was fantasties ek kon nie glo dis hy nie en natuurlik Matt DAmon in FFnet so goeie rol gespeel.

Devil ·

Joker was vir my maar swak. Al wat die man doen is om uitbarstig te lag, meer as die helfte van die fliek lank. Verder is ander mense lelik met hom en dit maak hom hartseer….en Bruce Wayne was nog ‘n kind toe Joker begin het? Baie stupid!

Primeart ·

“Portrait of a lady on fire”, sou met al die pryse weggestap het as Frankryk dit ingeskryf het, maar toe kies hulle’ Les Miserables’.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.