Oscars spog met nuwe kategorie om kykers terug te wen

(Foto: Mark Ralston/ AFP)

Die Oscars-prysaand wat in Maart vanjaar plaasvind, spog met ʼn splinternuwe kategorie waarin Twitter-gebruikers nou vir hul gunsteling-rolprent kan stem.

Dié glansgeleentheid se kykergetalle het afgeneem oor die afgelope paar jaar, en die organiseerders beoog nou om meer oë op die skerm met hierdie nuwe kategorie te kry.

Dit is ook ʼn voet in die deur vir rolprente wat nie in een van die ander kategorieë benoem is nie.

ʼn Vrees het ontstaan dat selfs nóg minder mense na die geleentheid op TV gaan kyk omdat lokettreffers soos Spiderman: No Way Home en No Time to Die nie vanjaar se benoemingslys gehaal het nie.

Twitter-gebruikers kan #OscarsFanFavourites gebruik om enige rolprent wat in 2021 uitgereik is, te benoem en daarvoor te stem.

Kykersgetalle vir die Oscars het die afgelope paar jaar drasties afgeneem, soveel dat die Oscars 56% minder kykers in 2021 as in 2020 gehad het.

Die Oscars het al verskeie roetes probeer volg om meer kykers terug te lok, maar daarvan het tot dusver dadels gekom.

Vanjaar se Oscars spog ook vir die eerste keer sedert 2018 met ʼn programaanbieder. Jimmy Kimmel was daardie jaar die laaste programaanbieder vir die geleentheid.

Drie doyennes van komedie, Amy Schumer, Regina Hall en Wanda Sykes, sal vanjaar se geleentheid saam aanbied. Dit is die eerste keer dat drie vroue gevra is om die geleentheid aan te bied en die eerste keer in 35 jaar wat soveel aanbieders ingespan is om die geleentheid te lei. Dit word alles glo gedoen om die kykersgetalle vir die geleentheid ʼn hupstoot te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jean ·

So nou sal mense begin wen omdat ander mense van hulle hou, al is hulle nie eers goed nie.

Niklaas ·

‘n Paar jaar gelede was daar klaagliedere oor die min swart akteurs wat die beeldjie wen. Toe word regstel maatreels ingebring . Die hele gedoente kry toe ‘n onregverdige politieke “kleur”. En daar het belangstelling en ook entoesiasme vir die toekennings aand begin kwyn.

SlinkseKoljander ·

Net soos elke liewe sport in die land en wereld.

Andries ·

Vandat daar ‘n politieke “tema” by die Oscars is kyk ek dit ook nie meer nie.

Hennie Biebouw ·

Ai, hoe komies is Hollywood se desperate strewe na relevansie tog nie.

Kobus ·

Kan instansies / organiseerders / organisasies nie insien dat alles wat politieke kleur (pun intended) kry, in chaos uitloop nie? As die stille meerderheid van mense oor iets ontevrede is, antwoord hulle deur te verdwyn, deur nie meer te kyk nie. DIE EWIGE RASSEBESKULDIGINGS MAAK MENSE SIEK EN SAT.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.