Oscars uitgestel weens Covid-19

(Foto: Matt Sayles/Invision/AP, File)

Volgende jaar se seremonie vir die Oscar-toekennings (Academy Awards) is met twee maande uitgestel weens die uitwerking van die Covid-19-pandemie op Amerika. Dié seremonie sou op 28 Februarie plaasgevind het, maar vind nou eers op 25 April plaas, berig die BBC. Die sperdatum waarteen films bekendgestel moet word om vir dié toekennings in aanmerking te kom, is ook van 31 Desember na 25 April uitgestel.

In aansluiting hierby is die Britse Academy Awards (Baftas) tot 11 April uitgestel.

“Die Covid-19-pandemie het reeds werk aan verskeie films tot ʼn stilstand gedwing. Hierdie uitstel is ʼn welkome verligting vir dié films wat nou nie meer voor die einde van die jaar bekendgestel kan word nie,” het ʼn Oscar-paneellid aan Variety gesê. Dit is nog nie bekend of die seremonie virtueel of regstreeks sal plaasvind nie.

Die Oscar-toekennings is nog net drie keer vantevore uitgestel – weens die vloede in Los Angeles in 1938, ná die sluipmoord op dr. Martin Luther King jr. in 1968, asook die gepoogde sluipmoord op oudpres. Ronald Reagan in 1981.

 

Amerika het teen Dinsdagoggend 2,1 miljoen Covid-19-gevalle aangeteken, die meeste ter wêreld. Volgens die webwerf Worldometers is 118 286 mense reeds in Amerika weens Covid-19 dood. Wêreldwyd is meer as 8 miljoen gevalle aangeteken. Brasilië het die naasmeeste gevalle (888 271), dan Rusland (536 484) en Indië (332 424).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Termiet ·

Gaan in elk geval net weer ‘n rasseherrie wees oor te min swart akteurs wat beeltjies kry en blm.

JohanR ·

En daar gaan President Nkosazana Dlamini-Zuma se Oscar vir die rolprent “I Did It My Way!” Onder President Cyril Ramaphosa sou tweede gekom het vir sy rolprent “I Did It Her Way!”

marius ·

Rassistiese beelde . Deel vislyn uit dat dit omgepluk kan word .

Adam ·

Wonderlike nuus wat ons ten minste die ongemak spaar om na die politieke uitsprake van idiotiese akteurs te luister. Ek hoop Amerika, wat net soos Europa destyds baie raad aan SA uitgedeel het, het nou raad vir hul eie probleme.

Dries ·

Ek sal geld wed dat die Oscars volgende jaar in elk geval net een groot politieke skouspel gaan wees, beide die seremonie asook die flieks wat benoem word. So stel dit maar gerus uit, of sommer af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.