The Guardian berig ʼn bus het teen die motor waarin Collins (34) en sy vrou, Alana Madill, gery het, gebots. Die ongeluk het vroeg Vrydagoggend plaasgevind. Die egpaar se drie maande oue babadogtertjie is in ʼn kritieke toestand per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.
Volgens berigte is twee mense in die bus in die ongeluk beseer. Die Franse media berig die ongeluk het op ʼn hoofweg naby ʼn tolhek plaasgevind. Collins se motor het glo langs die pad gestaan nadat dit onklaar geraak het. Die bus het glo teen ʼn hoë spoed teen Collins se motor gebots.
Collins het tussen 2001 en 2007 47 toetse vir die All Black gespeel sowel as 85 toetse vir die Hurricanes. Collins is die neef van Tana Umaga, voormalige All Blacks-kaptein.