Oud-All Black en vrou sterf in botsing

Jerry Collins, sy vrou en babadogtertjie. Foto: Facebook

Jerry Collins, sy vrou en babadogtertjie. Foto: Facebook

Jerry Collins, ʼn voormalige All Blacks-rugbyspeler en sy vrou is in ʼn motorongeluk in Frankryk dood terwyl hul drie maande oue dogtertjie kritiek beseer is.

The Guardian berig ʼn bus het teen die motor waarin Collins (34) en sy vrou, Alana Madill, gery het, gebots. Die ongeluk het vroeg Vrydagoggend plaasgevind. Die egpaar se drie maande oue babadogtertjie is in ʼn kritieke toestand per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Volgens berigte is twee mense in die bus in die ongeluk beseer. Die Franse media berig die ongeluk het op ʼn hoofweg naby ʼn tolhek plaasgevind. Collins se motor het glo langs die pad gestaan nadat dit onklaar geraak het. Die bus het glo teen ʼn hoë spoed teen Collins se motor gebots.

Collins het tussen 2001 en 2007 47 toetse vir die All Black gespeel sowel as 85 toetse vir die Hurricanes. Collins is die neef van Tana Umaga, voormalige All Blacks-kaptein.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.