Oud-pres. Sarkozy van Frankryk vir korrupsie vervolg

Nicolas Sarkozy Foto: Philippe Wojazer, world.time.com

Nicolas Sarkozy Foto: Philippe Wojazer, world.time.com

Oud-president Nicolas Sarkozy van Frankryk gaan van onder meer korrupsie en die uitlek van staatsgeheime aangekla word, luidens Franse amptenare.

Die nuusagenskap Associated Press berig hy sal nou voor ‘n regter verskyn wat moet besluit of hy vervolg sal word.

Sarkozy het na bewering in 2007 €50 miljoen van die destydse Libiese diktator, Muamar Ghaddafi, ontvang in ruil daarvoor om Ghaddafi oor sekere sake ingelig te hou. Die aanklagte hou daarmee verband dat hy glo pogings om die aangeleentheid te ondersoek, gedwarsboom het.

Frankryk is een van die min lande waar die staatshoof nie krimineel vervolg kan word terwyl hy aan bewind is nie, en enkele Franse presidente is ná hul ampstermyne vervolg. Hy was egter die eerste voormalige president wat fisies aangehou is.

Sarkozy is gister aangehou terwyl hy vyftien uur lank ondervra is. Hy is later laat gaan. Hy ontken alle aanklagte teen hom.

Sarkozy se advokaat, Thierry Herzog en Gilbert Azibert, advokaat-generaal, word blykbaar saam met hom aangekla.

Bronne: Trouw, Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.