Oud-SA krieketspeler tronk toe vir verkragting

Dion Taljard. Foto: Facebook

ʼn Voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler is in Engeland tronk toe gestuur nadat hy aan verkragting skuldig bevind is.

Die Daily Mail berig Dion Taljard (47), wat die Grens-krieketspan van 1993 tot 1999 verteenwoordig het voor hy na Brittanje verhuis het, is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis ná hy aan verkragting skuldig bevind is.

Taljard, wat in Engeland klubrugby gespeel het, het ʼn vrou sowat 150 keer verkrag tussen 2002 en 2012. Hy is op 19 aanklagte van verkragting, twee van seksuele aanranding en ʼn klag van intimidasie skuldig bevind in ʼn hof in Manchester.

Die hof het onder meer gehoor dat Taljard die vrou sou wurg tot sy flou geraak het. Die vrou beweer sy was te bang om vir hom “nee” te sê en dat sy selfmoord probeer pleeg het. Sy het in Februarie 2015 die polisie om hulp genader.

Die vrou het Taljard glo by ʼn plaaslike krieketklub ontmoet. Daar het glo ʼn verhouding tussen die twee begin hoewel Taljard destyds getroud was.

Die regter het gelas dat Taljard se naam in ʼn register vir seksoortreders opgeneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Alida ·

Mooi so. In n 1ste wereld kry n verkragter nie borg nie. Daar is nog n regstelsel. SA kan daar gaan leer.

susan ·

Ja nee hier is hul sommer gou weer op vrye voet. Bring 1ste landse wetgewing ook in… soos al die ander goed….

Chevy ·

Geen respek vir vroue nie, hy nou gekry wat hy verdien .Om in Engeland in die tronk te sit vir verkragting, hy gaan baie baie swaar kry daarbinne.

Adam ·

Ek sluk moeilik aan die 150 keer se verkragting Sy was mos nie heeltyd by hom nie en kon seker gouer by die polisie uit gekom het Ek kom nie vir hom op nie maar verstaan nie hoe sulke dinge so lank kan aan hou nie

Helene ·

Sluk ook maar swaar aan die storie …. maar sy verdiende loon as dit waar is!

Ouvrou ·

Nee wat , lyk my sy verkrag baie maklik en het nou gaan kla want dit het gestop?ek glo die storie nie, my einde is hoe is hy skuldig gevind.???

Valerie ·

Het die ou krieket gespeel (eerste lyn) of rugby (derde paragraaf, eerste sin), of albei?

Karel ·

Die storie stink, een persoon 150 keer verkrag, sy word nie aangehou en toegesluit teen haar sin nie, maar gaan kla ook nie dadelik nie. Ek dink die dame vat n vet kans en die regstelsel het die man gefaal, nou moet hy 18 jaar sit vir…klink vir my n verhouding wat skeef geloop het en suurdruiwe na die tyd gelos het. Wys net, regstelsels kan wêreldwyd vrot wees. Ons weet seker nie in diepte wat gebeur het nie, miskien is hy skuldig, maar volgens die berig betwyfel ek dit sterk.

Gert ·

SA se eerste gesinsadvokaat Frances Bosman, self nie getroud, het destyds die wet deurgevoer gekry dat n man sy eie vrou ook kan verkrag. Dit maak bg voorval duidelik. Seks is vrywillig. As sy weier en geweld word gebruik of jy dring jou op, is dit verkragting selfs binne die huwelik. Vraag is, het howe die nodige diskressie met so n gewigtige wet op die tafel. Ek glo nie. Tekens van die tye

Skepties ·

Daar is ‘n reuse verskil tussen vrywillig en daarna spyt en “verkragting”. En as die verhouding skeef loop dan is sy skielik “verkrag”. Die regstelsel is hopeloos om wraaksugtige vroue voor stok te kry. Ek dink dis wat hier gebeur het.

thelsa ·

Het die vrou ‘n telraam gehad om score te hou ? Hoe rapporteer jy dit eers na 150 ?

Lynette ·

+Gert Mooi Gert, jy is een v d min wat hier kommentaar gelewer het, wat verstaan – hierdie man sou nie SKULDIG bevind geword het op so.n ernstige aanklag as daar nie konkrete bewyse was nie. nNATUURLIK kan iemand 150 keer verkrag word voordat dit aangemeld word – vrees en intimidasie is die psifopaat se beste wapen.

Lynette ·

Thelsa…. regtig? Julle verstaan ooglopend nie die mag wat n psigopaat oor sy slagoffer het nie….lees eers op daaroor voordat julle jul onkunde wys.

Mike Kaapstad ·

Hy hou vol hy is onskuldig , is n vrou se wraak hy het haar seker gelos toe begin sy die storie…………….

Regter ·

Ongelukkig het die hof die laaste sê. Ek glo hulle het dit deeglik ondersoek en nou is dit maar so. Daarby gesê, daar was al ‘n geval waar ‘n man vir 20 jaar in ‘n tronk gesit voordat die klaagster erken het sy het destyds gelieg..

Hanna ·

Née wat. Ek hoop sy sal ook gaan sit as dit uit kom dat sy gelieg het.
Jammer, ek staan by vroue maar die een klink na “revenge”.
Hoe het sy boek gehou van die verkragtings?.
In die eerste plek was sy skuldig aan egbreek toe sy betrokke geraak het by n getroude man.
Toe word sy vir 10 Jr verkrag en gaan kla eers 3 jaar later. Dit klink eerder na haat omdat hy haar gelos het.

So het elke land maar sy regstelsels wat mens bevraagteken.
Daar is net té dikwels mense wat in die buiteland onskuldig tronk toe gestuur word.

Henry McDonald ·

Wanneer het hierdie ou vir SA krieket gespeel? Sover afgelei kan word uit hierdie berig
het hy wel vir Grens gespeel – maar word in opskrif beskryf as ‘n ‘ SA Krieketspeler’ ??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.