Oud-SA’ner in Aus gevonnis vir moord op vrou

Ahmed Dawood Seedat en sy vrou Fahima Yusuf op hul troudag. Foto: Facebook

ʼn Voormalige Suid-Afrikaner is in Australië tot 23 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vrou.

Die NZ Herald berig Ahmed Dawood Seedat (37) het skuldig gepleit op aanklag dat hy sy 32-jarige vrou, Fahima Yusuf, in Augustus verlede jaar in hul huis in Carlisle vermoor het.

Seedat, ʼn rekenmeester, is in Durban gebore en het in Ladysmith gewoon voor hy na Australië verhuis het.

Volgens Perth Now het Seedat die moord vir weke lank beplan en wou glo vry wees van sy vrou met die hoop om ʼn verhouding met sy skoonsuster aan te knoop.

Tydens die verhoor is daar onder meer aangevoer dat Seedat op die internet vir inligting gesoek het oor hoe om ʼn liggaam te veras en hoe om iemand lewend te begrawe.

Seedat het sy vrou met ʼn voorwerp geslaan terwyl sy geslaap het. Sy het glo wakker geword, maar hy het aangehou om haar aan te val terwyl hulle twee kinders elders in die huis gelê en slaap het. Seedat het Fahima versmoor en haar daarna in hul huis se agterplaas begrawe.

Hy het voor die tyd ʼn kontrakteur gekry om ʼn gat te grawe en gesê dit is vir ʼn swembad vir die egpaar se twee kinders, onderskeidelik twee en vyf jaar oud.

Volgens die berig staan Seedat ook tereg op aanklag dat hy $5,7 miljoen gesteel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Een gemors minder in daai Samelewing! Ons sal die tegniek van skuldig pleit by die Aussies moet kry sodat hofsake in die verband vinniger hier afgehandel kan word!!

S ·

Verseker en Suid-Afrika kan by Aus gaan leer hoe werk wette ens, baie sake wat hangende is af te handel en die skuldiges leef soos konings en gaan aan met hul lewe terwyl ander mense en kinders in rou en groot hartseer gedompel is om dit te verwerk. Misdaad in SA moet ook hier strenger raak en vinniger opgelos word.

Andreas ·

As dit hier moet gebeur sal heelwat vloerspasie in howe onbenut word, dan sal daar vir die volgende kwartaal ‘n afname in daardie sektor se personeel wys, wat weer nasionaal vir Cyril ‘n kopseer sal wees, want dan moet daar elders werk geskep word. Baie besparing, nie die een appél op die ander nie. Zuma appél nou al sy uitsprake en doen allerhande goed om vry rond te loop vir 14 jaar en kyk hoeveel mense het hy besig gehou en van inkomste in die tyd voorsien, hy is ‘n werkgewer op sy eie.

Cherokee ·

Slegs 23 jaar. Dit is wanneer daardie mooi vrou 65 sou wees. Die Australiese wetgewer is dus net so swak soos die Van Suid Afrika. Hulle behoort hom te verban uit Aus wanneer hy sy tronkstraf uitgedien het.

Ena ·

Hoekom moor…stap weg…Nes Jason Rhode en Packham….wat het hulle gewen…niks…maar kinders en geliefdes met hartseer agter gelos…en kinders wat nie een can die ouers sal ken nie. Is geld meer belangrik as n lewe? Stap weg…daar is geluk elders.

Hendrik ·

@ Cherokee: Aus het ‘n wetgewing dat indien ‘n persoon ( gewoonlijk immigrante) langer as 1 jaar tronkstraf uitdien, gedeporteer word sodra die tronkstraf uit gedien is of parool toegestaan word. So, verwag hom een of ander tyd terug in SA.

Cherokee ·

Wat egter ironies is, is die feit dat Aus oorspronklik ‘n tronk was. 1788 – 1868 was prisoniers na plekke soos ondermeer New South Wales gestuur.

Anoniem ·

Wat Jy gesaai het sal Jy maai maar moenie dink Jy is na 23 jaar vry nie want Jou gewete sal Jou pla vir die res van Jou lewe ! Het Jy al gedink wat gaan Jy vir Jou kinders sê ?

Frikkie Geld en huis ·

Dalk is 23 jaar in Aus 23 jaar. Hier is Shaik se 15 jaar net 3 jaar, om maar ‘n voorbeeld te noem.

Ena ·

Hoekom moor…stap weg…Nes Jason Rhode en Packham….wat het hulle gewen…niks…maar kinders en geliefdes met hartseer agter gelos…en kinders wat nie een can die ouers sal ken nie. Is geld meer belangrik as n lewe? Stap weg…daar is geluk elders.

Snoopie ·

Smaak my alger met n Suid-Afrikaanse geboorte sertifikaat vermoor hul vroue of kinders, of beide!!

Jeremia ·

Sy was net so ‘n mooi vrou soos die bruid wat destyds heeltemal niksvermoedend wittebrood in SA kom hou het. Dié sage het jare der jare voortgesleep én die res is geskiedenis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.