Oud-soldaat brand los in woonbuurt

Foto ter illustrasie (Foto: Virginia Mayo/AP via wire.africannewsagency.com)

Vier mense, onder wie ʼn babaseuntjie in sy ma se arms, is dood toe ʼn voormalige skerpskutter van die Amerikaanse weermag in ‘n woonbuurt in Florida losgebrand het.

Die oudsoldaat, geïdentifiseer as Bryan Riley (33), het Sondag die betrokke woonbuurt betree, geklee in volledige wapenrusting. Hy het op die mense in die buurt begin skiet en ʼn 40-jarige man, ʼn 62-jarige vrou, ʼn 33-jarige vrou en haar drie maande oue seuntjie doodgeskiet. Hy het ook ʼn 11-jarige meisie raakgeskiet.

ʼn Skietery het ook tussen hom en die polisie uitgebreek en hy is in die proses gewond. Die skieter is na ʼn plaaslike hospitaal gehaas, waar hy probeer het om van die polisiebeamptes aan te val. Dokters moes hom gevolglik verdoof.

Nadat Riley die nodige mediese hulp ontvang het, is hy na ʼn plaaslike gevangenis geneem.

Die motief vir die skietery is in hierdie stadium nog nie duidelik nie. Die verdagte het ook aan die polisie gesê “julle weet waarom ek dit gedoen het”. Hy het egter nie op hierdie stelling uitgebrei nie.

Riley het in oorloë in Irak en Afghanistan geveg. Hy het aan die polisie gesê dat hy ʼn bittereinder is en dat hy metamfetamien geneem het.

*Hierdie berig is gewysig sedert publikasie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karia ·

Maak seker van die feite, die voorval het nie by ‘n supermark plaasgevind nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.