Ouderdom van oer-armband bepaal

Die armband. Foto: Siberian Times

Die armband. Foto: Siberian Times

Wat waarskynlik die oudste armband is wat nóg gevind is, is in Siberië aangetref, sê navorsers wat nou die ouderdom van dié armband bepaal het.

Die armband is ongeveer 40 000 jaar oud en toon merkwaardige vakmanskap. Dit is van glad gepoleerde groen klip (chloriet) gemaak en het waarskynlik aan die arm van ’n baie vername persoon gepryk.

Die interessantheid is dat navorsers tot die gevolgtrekking gekom het dat die steen nie deur ’n moderne mens, of selfs ’n voorouer van die moderne mens gemaak is nie, maar deur ’n ander spesie mense wat destyds saam met die moderne mens en die Neandertal-mens geleef het.

Die Denisova (Homo Denisova hominins) het soos die Neandertal uitgesterf. Waar die Eurasiese mense ’n klompie Neandertal-gene dra, kom 3 tot 5% van die Denisova se gene in die Maleisiërs en die Australiese aborigenes voor.

Die Denisova is ontdek toe genetiese materiaal van hierdie spesie in die Denisova-grot in Siberië se Altai-omgewing ontdek is. Die grot is ook in verskillende tydperke deur die Neandertal- en die moderne mens bewoon.

Die armband is in 2008 in ’n laag gevind wat deur die Denisova bewoon is, en ná jare se studie is die ouderdom en herkoms nou bepaal. Dit het die kennis oor die gevorderdheidsvlakke van die Denisova aansienlik uitgebrei.

Meer inligting en foto’s in The Siberian Times.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

nig ·

Hierdie tipe goed is vir my vrek interessant. Dankie vir sulke berigte Maroela!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.