Oudpolisieman kan nóg langer vir George Floyd-moord sit

Derek Chauvin tydens die onlangse hofuitspraak. (Foto: Court TV/various sources/AFP)

Verswarende faktore kan ’n verhoogde vonnis vir die voormalige polisiebeampte Derek Chauvin (45), wat verlede maand aan die moord op George Floyd skuldig bevind is, beteken.

Regter Peter Cahill het Woensdag gesê dat Chauvin sy mag misbruik het en met “besondere wreedheid” opgetree het.

“Verswarende faktore soos dié kan moontlik die weg vir ’n langer vonnisoplegging baan.”

Maroela Media het voorheen berig dat Chauvin op die ernstige aanklag, moord in die tweede graad, tot 40 jaar tronkstraf opgelê kan word. Omdat hy ’n eerste oortreder is, is die minimum vonnis 12 en ʼn half jaar.

“Die vertroue wat in die aangeklaagde geplaas was, sluit die vertroue in dat enigeen wat in hegtenis geneem word met respek en redelike geweld hanteer word. Dit sluit in dat mediese behoeftes betyds aandag moet kry,” sê Cahill.

“Dit was besonder wreed om George Floyd stadig dood te maak deur sy vermoë om asem te haal te verhinder. Dít nadat hy duidelik te kenne gegee het dat hy nie asem kry nie.”

Volgens Cahill is nóg ’n verswarende faktor die feit dat kinders op die toneel teenwoordig was en moes toekyk hoe Floyd om sy lewe pleit.

Chauvin sal na verwagting sy lot op 25 Junie vanjaar aanhoor.

Floyd is in Mei in Minneapolis dood nadat Chauvin langer as nege minute met sy knie op ’n geboeide Floyd, wat op die grond gelê het, se nek gedruk het. Beeldmateriaal van die voorval het ’n vlaag Black Lives Matter-veldtogte teen beweerde polisiewreedheid en rassediskriminasie in die VSA tot gevolg gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Genis

Ek sal eerder my smoel hou…. netnou net weerspreek ek myself…

Johannes

As die man skuldig is, moet hy sy tyd doen. Ek wonder net soms hoe polisiebeamptes dit uithou met die arrogante houdings van die publiek.

Daar is steeds goeie polisiebeamptes daar buite.

Dries

Daar word gehammer op “i cant breath” Floyd het lank voor n knieg betrokke was al gekla “i cant breath” Toe hy nog in die kar was. Toe Chauven se knieg op sy nek was het hy net aangegaan. Chauven het hom net nie meer geglo nie. Ek sou dalk ook nie. Chauven is n ongelukkige slagoffer van omstandighede

Filistyn

Wit op Swart = rassisme . Swart op wit = voorheen benadeeldes.

Sarel

Dit is maar aan die orde van die dag simpatie vir die misdadiger teenoor die mense wat rlke dag die ondankbare taak het om ‘n gemeenskap te beskerm wat dit nie waardeer nie.