Oudpolisieman skuldig bevind aan moord op George Floyd

Derek Chauvin luister na die uitspraak. (Foto: Court TV/various sources/AFP)

Derek Chauvin, ʼn voormalige polisiebeampte van Minneapolis, is Dinsdag skuldig bevind aan die moord op George Floyd.

Die jurie het ná sowat 11 uur lange beraadslaging die 45-jarige Chauvin skuldig bevind aan al drie aanklagte teen hom: moord in die tweede en derde graad én manslag.

ʼn Skare wat te midde van ʼn swaar polisieteenwoordigheid buite die hof in Minneapolis byeengekom het, het gejuig en ander het in trane uitgebars nadat die uitspraak gelewer is ná ʼn verhoor van drie weke.

Chauvin, wat op borgtog was, se hande is geboei nadat regter Peter Cahill die eenparige uitsprake voorgelees het. Chauvin is hierna deur polisiebeamptes uit die hofsaal begelei, terwyl een van Floyd se broers, Philonise Floyd, die aanklaers omhels het.

Chauvin kan op die ernstige aanklag, moord in die tweede graad, tot 40 jaar tronkstraf gevonnis word. Vonnisoplegging sal eers later plaasvind.

Floyd is in Mei in Minneapolis dood nadat Chauvin langer as nege minute met sy knie op ʼn geboeide Floyd, wat op die grond gelê het, se nek gedruk het. Beeldmateriaal van die voorval het ʼn vlaag Black Lives Matter-veldtogte teen beweerde polisiewreedheid en rassediskriminasie in die VSA tot gevolg gehad.

Floyd se broer, Rodney, het aan AFP gesê dat swart mense in Amerika al honderde jare lank die slagoffers van dodelike onreg deur die owerheid is. “In hierdie geval het ons ʼn oorwinning nodig gehad, dit was baie belangrik, en ons het dit reggekry.”

Pres. Joe Biden en adj.pres. Kamala Harris het die land toegespreek na die uitspraak gelewer is. (Foto: Brendan SMIALOWSKI/AFP)

Pres. Joe Biden het lede van die Floyd-familie gebel om te sê hy is “verlig” oor die uitspraak. Hy en adj.pres. Kamala Harris het die land ook later in ʼn regstreekse TV-uitsending toegespreek.

“Dit kan ʼn reusestap vorentoe wees in die opmars na geregtigheid in Amerika,” het Biden gesê terwyl hy ʼn beroep op burgers gedoen het om teen rassisme en geweld te verenig.

Harris het vir die Floyd-familie gesê dat dit “ʼn dag van geregtigheid in Amerika was” en dat “die geskiedenis op hierdie oomblik sal terugkyk”.

Drie ander polisiebeamptes wat by Floyd se inhegtenisneming betrokke was, sal later vanjaar verhoor word.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Hennie ·

Hoekom? Omdat hy ‘n WIT POLISIE MAN is. Moord is iets wat vooraf beplan moet word met ‘n vasgestelde motief, maar nee, as jy wit is, dan is jy skuldig! Belaglik! Wat was sy motief vir moord a hy die Floyd krimineel nie eers geken het nie?

deedee82 ·

Hy is skuldig bevind aan second degree unintentional murder, third degree murder en second degree manslaughter. Moord is nie net moord nie daar was nog altyd grade van moord.
First degree murder beteken vooraf beplan.

ES ·

Nee dit is nie Tiptol, hy het moord gepleeg. Sy aksies het gely tot die dood van ‘n ander mens. Afgesien van die feit dat Floyd ‘n krimineel was.

Jack ·

Ek stem.Alles net om die liberale en demokrate gelukkig te hou.

A ·

As dit nie was vir die selfoon video nie, sou hy vrygeloop het.

Ons almal loop rond met videokameras in ons sakke deesdae. Dit is ons burgerlike plig om die polisie af te neem, om hulle in toom te hou.

MakersMark ·

Jammer die aanveveling is nie om kriminele in aksie af te neem en die video aan die gereg te oorhandig nie. Maar dis nie sensasioneel genoeg nie kriminele optrede is eintlik aanvaarbaar en alledaags.

Wakkerslaper ·

Geweldsmisdadigers en kriminele behoort eerder in toom gehou te word!

Wakkerslaper ·

A, dit is jou burgerlike plig om nie ‘n krimineel en ‘n las vir die beskaafde samelewing te wees nie. Dit is ook jou burgerlike plig om jou nie teen die polisie te verset nie. Word wakker pêl, ‘n wêreld waar misdadigers nou skielik as helde vereer word is in bitter groot moeilikheid!

A ·

@wakkerslaper

Reg. Volgende keer wanneer ek ‘n Suid-Afrikaanse polisie sien ‘n meisie aanrand omdat sy aanhou ry tot by ‘n petrolstasie, sal ek my foon afskakel en wegstap.

Frikkels ·

BLM en hulle liberalistiese wittes is besig om wèreldwyd reg en geregtigheid te ondermyn met hulle sogenaamde voorheen benadeelde beleid. Kyk maar in suid afrika watter onkostes die voorheen benadeeldes veroorsaak en dit gaan net aan en aan. Ons eie regstelsel se wiele het ook afgeval as jy kyk na diskriminasie teen velkleur in ons howe. Diskriminasie en onregverdigheid word nie eers meer verdoesel nie, dit vind openlik plaas en word onderskryf deur ons sogenaamde regstelsel!

MakersMark ·

Uitspraak om nog blm orkestreerde sosiale geweld en onrus te voorkom. Dis waaroor Biden verlig is. Eintlike vraag is wanneer gaan die groot persentasie geweldadige misdaad gepleeg deur ‘n klein persentasie van die populasie stop ? Dit gaan nou nog erger word. BLM se doelwitte word bereik – neem die gereg se autoriteit weg en maak die VSA onbeheerbaar deur sosiale druk uitgeoefen deur liberales.

Michael ·

Soos misdadigers hier by ons al vir jare die botoon voer en talle reeds in die regering sit so is dit besig om wereldwyd te gebeur. Daar is ‘n tyd oppad waar geen eerbare mens meer in ‘n gesagsposisie sal wil wees nie-al hoe minder eerbare mense sal in polisiedienste wil dien. Die regte van terroriste en misdadigers word al hoe belangriker as reg en geregtigheid

Wakkerslaper ·

Hierdie is die begin van groot moeilikheid. Hierdie jurie het geswig voor die links-liberale, plunderende massas se dreigemente om Minnesota af te brand as Mnr. Chauvin nie skuldig bevind word nie. Waarom sal ‘n polisieman met geen vorige neigings tot misdaad ‘n verdagte wat aangekeer is met opset vermoor, en dit openlik voor sy eie kollegas en ooggetuies? Dit maak eenvoudig nie sin nie. En hoe kon die jurie hom skuldig bevind het aan moord (2de en 3de graad) en strafbare manslag? Het Mnr. Chauvin nou opset gemoor of was dit ‘n ongeluk? Wat het van die feit geword dat Floyd reeds in sy motor gekla het dat hy nie asem kry nie, of die nadoodse ondersoek wat bevind het dat Floyd aan ‘n hartaanval of ‘n oordosis dwelms oorlede is?

Fedup ·

Because no matter who says what and how much the mainstream media try to silence us, being white is a sin. Chauvin was used as an example of what stupid, gullible and greedy governments and courts do when they get influenced by those who think they know better.

Mariana ·

Niks van daai feite en goed maak saak nie. Heel waarskynlik nie eers in ag geneem nie. Nee hulle moes voorbeeld van hom maak. Nou gaan probleme net erger word.

Dries ·

Dit is so tragies. Wetgehoorsame burger . N pa van kinders tronk toe vir die dood van n krimineel

Wakkerslaper ·

Biden en Harris loof en prys die krimineel en die plunderende massas…. dit is om van siek te word.

Kosie ·

Ja biden wens ongeregtigheid geluk jy moet saam met jou polisiemag staan hy het sy werk gedoen teen iemand wat baie meer nmense se lewens verwoes het met drugs, Hy het nou met $20 betaal en hy was gevang hoeveel ander kere het hy met vervalste geld betaal waarmee hy weg gekom het, ja amerika kom kyk hoe lyk suid afrika julle is vinnig oppad soontoe hou aan gee julle land vir vernielsugtige mense en buig maar daai kniee julle nonsens het maar net begin.

Kosie ·

Die hele jurie was dan vir blm, hulle wou hom skuldig bevind en het alles so beplan.

deedee82 ·

Vir die mense wat so kommentaar lewer, my vraag is het julle die verhoor gekyk of net die highlights gevang op die nuus. Het julle al die videos gesien of net die een video wat die rondte gedoen het. Het jy gehoor wat al die dokters gesê het?

Die man was nie ‘n polisie man nie hy was ‘n arrogante man in ‘n univorm op ‘n power trip. ‘n Wolf in skaap klere.

Die uitspraak is nie net justice vir GF nie, maar vir die 18 mense wat klagtes van brutaliteit teen hom gelê het en die departement het net ander kant toe gekyk en hy het elke keer weg gekom. Een van die mense was ‘n 14 jarige onskuldige kind wat hy so restrain het tot hy bewusteloos was en moes ook hospitaal toe.

Die verdediging se saak was verdoem van die begin, hulle “beste” patoloog (Dr Fowler) wat hulle kon kry om te getuig het self ‘n saak teen hom huidiglik vir vals informasie op doodsondersoeke om die polisie te beskerm.

Jammer maar die man is presies waar hy hoort, en die uitspraak was 100% reg.

Judge ·

Om die waarheid te se ek het daarna gekyk, en nie net die 09:29 minute maar wat ook vooraf gebeur het. Dis duidelik dat die jurie al die ander bydraende faktore tot Floyd se dood geignoreer het en ‘n skuldig bevinding gegee het om die massas vreedsaam te hou.

deedee82 ·

Soos die feit dat ‘n counterfeit $20 noot nie eers ‘n oortreding is waarvoor hy inhegternis geneem moes geword het nie?
Praat jy van die dwelms in sy sisteem wat so min was dat dit nie eers ‘n DIU se vlak werd was nie?
Die hart probleme wat hy gehad het waar hy mee geleef het tot en met hy gearresteer is?
Of die carbon monoxide poisoning wat as die verskoning enigsins sin gemaak het in sy sisteem was omdat Chauvin hom daar gehou het?

Ek sien die polisieman wat dood is in die riots, se doodsondersoek sê hy is dood aan natuurlike oorsake want hy het 2 beroertes gehad. So dan moet die mense wat hom aangerand het by die riot ook vrygespreek word?

MakersMark ·

GF was ‘n loopbaan krimineel met ‘n kriminele geskiedenis vir almal om te sien. Boonop was daar verbode middels betrokke en die misbruik van die middels het duidelik gelei na hartprobleme en die tekort aan asem. Wat is meer arrogant as ‘n loopbaan krimineel wat dink hy kan oor en oor dieselfde misdade pleeg en nooit die gevolge dra nie? As DC is waar hy moes wees dan is GF ook presies waar hy moes wees.

Klipkop ·

Dis alles deel van ‘n groter legkaart wat voltooi word. Die Amerikaanse volk beweeg al nader na die chaos wat hulle self geskep het en nie weer sal kan omdraai nie.

Die uitspraak en hele verloop was ‘n propagandistiese en emosioneel belaaide uitspraak waar een persoon vir eers voor die trein ingestamp moes word( meer sal volg) om daardie politieke korrektheid ter wille te wees. Die saak is ‘n boete vir ‘n (on)geregtigheid buite hierdie saak. Dit sal egter nie die magshonger en magsdronk beweging van Black Lives Matter en bondgenote stop om die ou ordes te vernietig nie. Die goddelose, dwelmverslaafde misdaadbendes sal van kwaad na erger gaan…….. en dan sal die liberale mense wat dit ondersteun het, net soos hier by ons in SA sê; ” dit kan nie so aangaan nie, en waar het alles verkeerd gegaan?”.
Dan sal hulle dit blameer op Piet Pompies of Koos van der Merwe of op die Utopia Party, maar niks sal verander nie. Hulle het die ” slang” se kop gevryf toe hulle dit moes vermorsel.

Adam Adriaan ·

Soos die Woord voorspel, die VSA se vere is besig om gepluk te word. Sal nog in die niet verdwyn.

MakersMark ·

Stem saam. Wanneer blm en ISIS en hul dissipels die wêreld regeer is dit die einde. Dis die eindtye.

Ferryman ·

Polisie brutaliteit is een van die grootste probleme selfs in SA waar dit ook gepaard gaan met korrupsie.
Dit is goed dat die man skuldig bevind is, en SA Polisie Beamptes moet daarvan kennis neem.
Nog ‘n probleem in veral SA is die GPF’s wat hoofsaaklik uit Polisie Groupies uit bestaan wat selfs meer geweldadig optree.

deedee82 ·

Baie dankie! Iemand wat buite die boks kan kyk en dit sien vir wat dit is!

Die VSA het ‘n groot probleem met brutaliteit en die goeie polisiemanne wat daar is word ook deur die gifappels benadeel.
Stem 100% saam dat SA met dieselfde probleem sit en dat notisie geneem moet word.

Wakkerslaper ·

Aaag ASB! Dit is presies die links-liberaliste se denkwyse – die krimineel is altyd die arme slagoffer en die geregsdienaars die boosdoeners wat hom onderdruk. Hoeveel polisiemanne word per jaar vermoor deur kriminele wanneer daar gepoog word om hulle te arresteer? So wat wil jy hê? Moet KRIMINELE met sagte handskoentjies hanteer word? No. 1 – HOU VERDOMP OP OM ‘N KRIMINEEL TE WEES! No. 2 – as jy ‘n krimineel wil wees, LUISTER AS DIE POLISIE JOU VASVAT. Dan sal die polisie nie nodig hê om hardhandig op te tree nie. As jy nie wil luister nie TOUGH LUCK dan moet jy maar jou houe vat! Liewe heng! Waarheen is die samelewing oppad!?

MakersMark ·

Polisieman het sy werk gedoen jammer die oorlede persoon het groot hoeveelheid dwelms in sy bloed gehad wat bygedra get tot die gevolge. Die feit dat die oorlede persoon ‘n sterk geskiedenis van wetsoortreding en verskeie geweldadige misdade op rekord het maak die polisie se optrede seker nog meer onaanvaarbaar nie waar nie ?

deedee82 ·

So Chauvin se 18 klagtes van brutaliteit waarmee hy heeltyd weg gekom het maak van hom ‘n engel? Die departement het dit onder die mat gevee.

Die kleurlens waarmee mense deesdae kyk maak dat objektiwiteit by die venster uitvlieg.
Floyd het nie genoeg dwelms in sy sisteem gehad om eers ‘ n DUI te kry nie, maar as jy die verhoor gekyk het sou jy dit geweet het.

MakersMark ·

Chauvin was ‘n gerespekteerde polisieman met baie stories teen hom opgemaak omdat hy juis sy werk so goed gedoen het. Hy het geen kriminele rekord nie. GF inteendeel was ‘n loopbaan krimineel. Onwettige wapenbesit en gebruik, huisbraak, geweld en aanranding en verskeie vakansie agter tralies. As jy die saak gevolg het sou jy dit geweet het.

Aai ·

Al wat ek kan se is die saak gaan groot probleme vir die polisie in Amerika veroorsaak.Polisiemanne gaan nou die teikens word van geweld en hulle gaan bang wees om op te tree en baie polisiemanne gaan hulle lewens so verloor.(en met Biden as president gaan hulle een na die ander toesluit)

Mariana ·

Nou ja het nie gedink dit sou anders verloop nie. BLM juig nou saam met Biden en nou moet elke wit polisieman en ander wittes mooi dink voor hulle doen. Kriminele is deesdae baas. Liberaliste en regerings buig voor hulle. Dit is nou ons nuwe wêreld. En intussen word daar steeds gebreek, gebrand, vermoor, verkrag deur die einste kriminele

Fedup ·

Murder in the 2nd, 3rd degree and manslaughter?
Their “justice system” is just as disgraceful and a big joke as here in sa.
He was not responsible for that criminals death.
But as usual, we all know when garden gnomes threaten to destroy, the whole world jump to satisfy them.
This will eventually come to a very very bad end.
As for the mainstream media, bag of rocks, harassment, watter and the jury. Good luck to ya all. You just opened an enormous can of worms.

Robert ·

Die Bybel praat van waneer sleg goedgepraat word en goed sleggepraat word, dan moet jy weet Sy koms is naby.

Pierre ·

12 Maart was hy al skuldig bevind. Hoekom sou hulle toe al 27 miljoen dollar toeken? Regverdig verhoor?

Jaco ·

Lyk my Amerika is al nes SA: As jy wit is, BLY WEG uit jobs waar daar baie interaksie met ander rasse is. Net vreemd, dié Black Lives Matter: as Joe Biden regtig so omgegee het, hoekom het hy wat wit is hom dan as presidentskandidaat beskikbaar gestel? Watse “geregtigheid in Amerika” is dit? Of is Kamala Harris die eintlike “mag agter die troon”? Is Biden dus soos eskom se Andre de Ruyter; net ‘n window dresser?

Rian ·

Alle Amerikaanse polisielede behoort te bedank, dan kyk ons wat sê die liberales dán.

Hoekom ·

Mob justice is die USA se nuwe regstelsel. Vanaf onskuldig tot skuldig bewys na jy is wit en is klaar skuldig en die mob sal besluit waaraan jy skuldig is…

Dirk Mostert ·

Hoogstens manslag met versagtende omstandighede. Hy het sy plig uitgevoer en toegepas wat geleer is. Een troos vir Suid-Afrikaners. Ons het nie die mees korrupte regstelsel ter wereld nie.

Jannie van Niekerk ·

Dit wil voorkom of hier baie mense is wat hierdie berig gelees het wie misdaad geoedgesind is as ek na die spul af duime kyk. George Floyd was ‘n geweldsmisdadiger. Moes die arme polisieman hom dan met ‘n soen in hegtenis geneem het? Ek kry Derek Chauvin baie jammer omrede hy maar net sy werk as geregsdienaar gedoen het.

Niklaas ·

Hy MOES skuldig bevind word of die uitspraak van onskuldig , sou rasse haat laat ontken het , en opstande met gepaardgaande strooptogte , die lekker speletjie in VSA , (en ook in SA) . So, daar was geen alternatief nie .

Hennie J ·

Bog, twak en nonsens. Die man het sy werk gedoen en is polities skuldig bevind.

Porseleintjie ·

Biden jyt nie eers n begrip van die betekenis van geregtigheid nie.

LANA is ELANè ·

Ja, en so is ‘n dwelmverslaafde krimineel verhef tot ‘n kultus held wat in die geskiedenis vd nuwe libelrale VSA opgeteken sal wees, ten koste van ‘n polisieman wat net sy werk gedoen het, met ‘n tragiese nadraai, dit is siek.
En intussen ry Hollywood die golf met elke nuwe seisoen v ‘n tv reeks word dit opgehaal, die arme swartman wat met sy lewe geboet het deur die hande van ‘n wit polisieman.
‘n Oordrewe verwysing na ras word in elke reeks afgeskop, propoganda reg in ons voorhuis, white guilt, is ons voorland in hierdie nuwe wêreldorde waarin ons ingaan.

Boer ·

Derek Chauvin is 45 jaar oud en was waarskynlik + – 20m jaar ‘n polisieman, wat dag in en dag uit sy werk was om misdadigers soos ‘n Goerge Floyed vas te trek. Nou word hy gekruisig. Hoeveel mense se lewens het hy nie in sy polisieloopbaan gered nie, en ek glo dat daar ook swart mense was wat hy gered het. Ek kry hom baie jammer dat ‘n misdadiger hom in die tronk te laat beland het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.