Oudsekretaresse van Nazi-doodskamp (96) nou voortvlugtig

Foto: Christian Wiediger/Unsplash

ʼn 96-jarige voormalige sekretaresse het Donderdag versuim om op te daag vir die begin van haar hofsaak in Duitsland. Die regter het ʼn lasbrief vir die inhegtenisneming van die “voortvlugtige” uitgereik.

Irmgard Furchner is een van die eerste vroue wat in dekades vervolg word oor Nazi-era-misdade. Sy staan tereg op aanklag van medepligtigheid in die moord op meer as 10 000 mense by die Stutthof-konsentrasiekamp in Pole.

Sy het Donderdagoggend haar aftreeoord naby Hamburg verlaat en met ʼn taxi na ʼn moltreinstasie gery, het Frederike Milhoffer, woordvoerder vir die hof in die noordelike Duitse dorp Itzehoe gesê. Sy het egter versuim om vir die hofsaak op te daag.

ʼn Woordvoerder vir die polisie in Itzehoe het aan AFP gesê hulle is op soek na Furchner en “weet nie waar sy is nie”.

Die beskuldigde se prokureur, Wolf Molkentin, was in die hof teenwoordig, maar het nie met joernaliste gepraat nie.

Staatsaanklaers beskuldig Furchner daarvan dat sy hulp verleen het in die sistematiese moord op aangehoudenes by Stutthof, waar sy tussen Junie 1943 en April 1945 in die kantoor van die bevelvoerder van die kamp, Paul Werner Hoppe, gewerk het.

Die saak vind plaas in ʼn jeughof, omdat sy in daardie stadium tussen 18 en 19 jaar oud was.

Sowat 65 000 mense, onder andere Joodse, Poolse en Sowjet-Russiese gevangenes, is by die kamp, naby Gdansk, dood.

Die hof het in Februarie, ná ʼn tydsame oorweging, beslis dat Furchner bevoeg is om verhoor te word.

“Gesond genoeg om te vlug, gesond genoeg om tronk toe te gaan!” het Efraim Zuroff, ʼn Amerikaans-Israelse “Nazi-jagter”, op Twitter gesê. Hy speel ʼn sleutelrol om voormalige Nazi-oorlogsmisdadigers aan die pen te laat ry.

Die aanvang van die hofsaak in Itzehoe kom ʼn dag voor die 75ste herdenking van die terdoodveroordeling van 12 senior lede van die Nazi-regime by die eerste Nuremberg-saak. Dit kom ook ʼn week voor afsonderlike verrigtinge in Neuruppin, naby Berlyn, teen ʼn 100-jarige voormalige wag by een van die kampe.

Sowat 76 jaar ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog is daar min tyd oor om mense aanspreeklik te hou vir hul rol in die Nazi-stelsel. Staatsaanklaers hanteer tans nog agt ander sake, onder wie voormalige werknemers by die Buchenwald- en Ravensbrueck-kampe. Verskeie sake is die afgelope paar jaar laat vaar omdat die beskuldigde gesterf of onbevoeg verklaar is om verhoor te word.

Voormalige SS-wag Bruno Dey is die laaste persoon wat skuldig bevind is. Hy is in Julie, in die ouderdom van 93, ʼn opgeskorte vonnis van twee jaar opgelê.

Furchner is egter die enigste vrou wat in die afgelope paar jaar vervolg word vir misdade uit die Nazi-era, omdat die rol van vroue in die Derde Ryk oor die hoof gesien is. Sedert John Demjanjuk, ʼn wag by ʼn konsentrasiekamp, egter in 2011 skuldig bevind is, het staatsaanklaers hul ondersoeke begin vergroot, buiten na dié wat direk verantwoordelik was vir die gruweldade.

Volgens Christoph Rueckel, ʼn prokureur wat oorlewendes van die Shoah-party verteenwoordig, het Furchner “alle korrespondensie” vir bevelvoerder Hoppe gehanteer. “Sy het sy deportasie- en teregstellingsbevele uitgetik en by elke boodskap geparafeer,” het Rueckel aan die staatsuitsaaier NDR gesê.

Furchner se prokureur het egter voor die hofsaak aan Spiegel gesê dit is moontlik dat die sekretaresse in die duister gehou is oor wat by Stutthof gebeur het.

Minstens drie ander vroue is reeds ondersoek vir hul rol by die Nazi-kampe, onder wie ʼn ander sekretaresse by Stutthof. Sy is egter verlede jaar oorlede voordat aanklagte aanhangig gemaak en opgevolg kon word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Jaada ·

Soek na strooihalms as hulle nou sekretaresse vervolg, sy sou geen besluit kon neem wie vermoor moet word nie?!

Alex ·

Belaglik om iemand na dekades in tronk wil gooi. Dit nog dat sy 96 jaar oud is en n sekretarrese was des maak haar nie skuldig aan moord nie. Dis nou jaar na wind

Rhona ·

Wat te erg is is te erg. Heng sys 96 jaar oud! Dan moet Japan die VSA vervolg oor atoombomme, ons boerenasie die britte oor konsentrasiekampe, die Skotte die Engelse. Party mense weet nie wanneer om op te hou nie.

Filistyn ·

My word. Hoe meer dae hoe meer dinge. Van wanneer af is n sekretaresse n besluitnemer – sy is daar vir papierwerk. Indien sy in n uitvoerende pos was dan sou sy besluite kon neem. Daar is te veel mense wat nie werk vir hul hande het nie en nou dink hulle al die bollie uit. Hou asb in gedagte dat sy 96 jaar oud is.

ES ·

Sy is blykbaar weer gevind. Wil verstaan hoekom hulle so lank vat om haar te vervolg. Hulle gaan haar ook net 2 jaar tronk toe kan stuur a.g.v. haar gevorderde ouderdom.

Maar ek glo nogsteeds, as jy die daad gedoen het moet jy daarvoor boet, afgesien van jou ouderdom.

Deon ·

Ek was in die saw, as gewone soldaat het jy absoluut geen mag, niks nie… Indien jy sou weier om n bevel uit te voer sou jy of kaserne arres gekry het wat n onmenslike straf was, vra maar gerus vir diegene wat daarvan weet, of jy sou detensie barakke toe gaan, wat selfs erger was, dus n gewone sekretaresse met minder mag as my budgie…. Ek glo die is n onregverdige hekse jag op n weerlose oumens.

Leeuwyfie ·

Vir 76 jaar lank het sy vry rond geloop. Nie eens geweet dat haar tikwerk haar tronk toe sal stuur nie. Duitsland is nou ‘n hool en die belaglikheid word net al hoe erger. Die mense moes opgestaan het teen die regering toe ‘n 93 jarige Ursula Haverbeck tronk toe is. Die rede? Sy het ‘n ander opinie oor die 2de wêreld oorlog. Haar onderhoud op Panorama het vir haar tronkstraf veroorsaak. Bid vir Ursula en Irmgard. Dis ‘n sirkus in Duitsland. As jy nie saamstem met die regering se narratief nie, word jy gekruisig. Vryspraak is vernietig.

Lionel ·

Leeuwyfie – ja want ons as SA is mos ‘n goeie voorbeeld van ‘n demokrasie, nè? Gaan kry asb jou feite reg voor jy ‘n vry, demokratiese en innoverende land soos Duitsland afkraak met onkunde – vryspraak is g’n vernietig in Duitsland!

Cherokee ·

Moet nie Leeuwyfie beskuldig oor die duim-af. Dit is myne.

Gert ·

Wie Dryf en Bestuur hierdie vervolgings-Die Duitsers SELF???

Anoniem ·

En nou moet Wolf vir Rooikappie gaan soek. Sy het die pad byster geraak …

Willem ·

Dit raak nou belaglik. In die lig van al die verskriklike dinge wat deur die jare ontbloot is aan die Gealieerde kant kan hulle nou maar gerus hul vervolgingswaansin staak.

Dup ·

Gaan na Wikipedia en lees oor die Stutthof konsentrasiekamp.Dan kan ñ mens miskien verstaan waarom hierdie dame tereg moet staan.

Gert ·

Sy was ‘n Sekretaresse en nie Hitler, Himler of Heydrich nie. As sy geweier het om die Sekretaresse te wees sou sy baie vinnig vermoor gewees het!

Carel Johannes ·

Wikipidia se geloofwaardigheid laat groot ?????????????

fransdutoit3 ·

Absoluut belaglik en onmenslik om ‘n 96 jarige te wil arresteer en te vervolg..

Yvonne ·

Nee o genade….is daar niks beters om met hulle tyd en geld te doen nie……wat gaan hulle daarmee bereik…belaglik

Blikkies ·

Wel, by ons het hulle al begin met die Timol saak. Kyk hoe oud was die verdagte (RIV) toe hy aangekla was en bleik skuldig te wees sonder ‘n gryntjie bewyse. Dit was van die begin af belaglik. Hierdie tipe van aanklagtes oor jare se verloop van Geskiedenis gaan nooit weggaan nie. Nou in hierdie spesifieke geval, wat gaan ‘n 96 jarige vrou nou maak. Nog honderde duisend mense self doodmaak. Ek dink sy kan die helfde van haar lewe nie eers behoorlik onthou nie. Sy moes met haar gewete saamleef en die juk om haar nek haar hele lewe lank dra, en almal weet waar sy gaan na haar dood. Om so ou mens amper 80 jaar later te wil vervolg gaan beslis nie die skade en seer beter maak nie. Gaan die klaers dan beter voel of dink hulle iets in die samelewing bereik?

Ettienne ·

Jode slaan nog steeds die kitaar wanneer dit kom by wêreldpolitiek en wêreldekonomie. Gaan enige van hulle vervolg word vir oorlogsmisdade teenoor die Palestyne?

Gert ·

Niemand het nog ooit die Britse gemors wat oor die hele aardbol massa moorde gepleeg het, insluitende in Suid Afrika, vervolg nie? In elk geval was die Britse Ryk verantwoordelik vir die Anglo Boere Oorlog, 1ste en 2de wereld oorloe e.n.s. en waar hulle altyd verloor het en Ander se bloed gebruik het om te wen!

Gert ·

Wie Dryf en Bestuur hierdie vervolgings-Die Duitsers SELF???
Niemand het nog ooit die Britse gemors wat oor die hele aardbol massa moorde gepleeg het, insluitende in Suid Afrika, vervolg nie? In elk geval was die Britse Ryk verantwoordelik vir die Anglo Boere Oorlog, 1ste en 2de wereld oorloe e.n.s. en waar hulle altyd verloor het en Ander se bloed gebruik het om te wen!

Carel Johannes ·

Weet nie so mooi nie. Die vrou moes in daardie donker tyd ‘n kind gewees het van so om en by 15 jarige ouderdom. Dit is regtig net ‘n hekse jagtery. Wonder wie wil hulle daarmee tevrede stel. Dalk het hulle iets by RSA se ANC afgekyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.