Oudste persoon vier 117de verjaarsdag

Misao Okawa Foto: Guinness Book of Records

Misao Okawa Foto: Guinness Book of Records

Die oudste persoon in die wêreld, Misao Okawa vier Donderdag haar 117de verjaarsdag. Sy is op 5 Maart 1898 gebore.

Die Guinness Book of Records het bevestig Misao is die oudste persoon wat nog lewe. Sy is die 30ste persoon (geverifieer) wat ouer as 115 jaar geword het en die tiende persoon (geverifieer) wat 116 jaar gehaal het.

Die vorige persoon wat met die rekord as oudste lewende persoon in die wêreld gespog het, was Jiroeman Kimura wat op 12 Junie 2013 in die ouderdom van 116 oorlede is.

Misao is die laaste lewende persoon wat in die 1800’s gebore is.

Sy was die vierde dogter van ʼn Kimono-maker. Sy bly in ʼn ouetehuis in Higashisumiyoshi-ku, Osaka.

Sy is in 1919 getroud en het drie kinders gehad. Haar seun en een van haar dogters leef nog steeds. Haar man is op 20 Junie 1931 oorlede.

Volgens Misao kan haar goeie gesondheid toegeskryf word aan sushi en genoeg slaap.

Bron: Wikipedia

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Daar is seker iets in hulle water! Jy kry so baie Japanese wat ouer as 100 jaar word!!

Leeutjie ·

Sjoe ek weet darem nie of ek so oud wil word nie. Watse doel en visie is daar met so ‘n ouderdom. Eish!

Gideon Roos ·

Hulle ouderdom word toegeskryf aan hul leefstyl. Japanese is van die mense in die wereld wat die meeste rondloop, hulle het uiters gesonde diëte, en amper 80% van die bevolking beoefen daaglik een of ander vorm van Martial Arts.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.