Oudste vrou ter wêreld vier verjaardag

Emma Morano (Antonino Di Marco/ANSA via AP)

Emma Morano (Antonino Di Marco/ANSA via AP)

Emma Morano, die oudste mens ter wêreld, vier Dinsdag haar 117de verjaardag.

Morano, van Pallanza in die noordweste van Italië, is volgens rekords die enigste lewende mens wie se leeftydperk oor drie eeue, die 19e-, 20ste en 21ste eeu, strek.

Sy is gesond en pas weer op die been ná ʼn kort siekbed.

Die plaaslike munisipaliteit van Pallanza het ʼn verhoogproduksie, wat haar lewe vier, op die planke gebring en ʼn boek wat handel oor haar lewe aan haar geskenk.

Die president van Italië, Sergio Mattarella, het haar ook in ʼn openbare verskyning met haar verjaardag geluk gewens.

Morano is glo die oudste van agt kinders. Sy was volgens nuusberigte met ʼn gewelddadige man getroud van wie sy etlike jare later geskei het. Hul enigste kind is ses maande ná geboorte oorlede.

Wat is haar geheim? Drie eiers ʼn dag en niks minder nie, het sy vroeër vanjaar aan plaaslike media gesê.

Volgens die Gerontology-navorsingsgroep, het slegs 45 vroue en twee mans die ouderdom van 117 gehaal. Die tweede-oudste mens in die wêreld is die Jamaikaanse vrou, Violet Brow, wat vanjaar 116 geword het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Grotman ·

Kan iemand asb haar adres na die hemel op bid want ek dink hulle het van haar vergeet.

liza ·

Liewe genade dit is ‘n prestasie maar o wee my 117 jaar oud te word in hierdie deurmekaar lewe, ek sal ook al lankal soos grotman se my adres gegee het…..

liza ·

Sjoe dit is ‘n mylpaal in ‘n ou se lewe, maar nee om 117 jaar oud te word in hierdie deurmekaar wereld, nee wat ek sou ook al lankal my adres gegee het soos grotman se…..

katryn ·

My Ouma is in 1916 gebore en word op 16 Maart 2017……….101 jaar oud! Leef in Randburg Sa so graag vir julle n foto van haar wou stuur v haar op haar 100 ste partydjie die Jaar!

Peet Schabort ·

So dan leef Violet Brown ook in drie eeue !!! Nou hoe kom ek hierby uit?
Laat ek verduidelik/vra: Wanneer is ‘n kind een jaar oud? Eers wanneer ‘n kind verjaar en een jaar oud is wat heel eenvoudig is. Nou wanneer is 100jaar verby? Slegs wanneer daar 100 jaar verloop het. Nou waarop stuur ek nou af? Daar was lekker groot fanfare en jolyt met die aanbreek van die jaar 2000 want nou betree ons die nuwe eeu !! Se voet want daar was toe 1999 jaar verby. Aan die einde van die jaar 2000 het ons met die begin van 2001 die nuwe eeu binnegegaan. Violet Brown is gebore in die jaar 2000 wat in die vorige eeu is en ook sy is nog in lewende lywe in drie eeue.
Kom mense bewys my verkeerd want die feesvieringe van 2000 is gevier omdat dit so ‘n ‘magiese’ mooi ronde getal was teenoor 2001.
Hoop julle verstaan want self ek kan dit verstaan.

Luister ·

Peet, Ek dink nie jy verstaan nie. Toe die jaar 2000 aanbreek, is 2000 jaar reeds verby.
So die nuwe eeu het toe begin = die 21ste eeu. Verstaan?

Peet Schabort ·

Luister, so toe die jaar een aanbreek was een jaar reeds verby?

Juanita ·

BAIE BAIE GELUK AAN HAAR. Maar ek wil nie so oud word nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.