Ouers gestraf oor YouTube-video’s van poetse op kinders

ʼn Egpaar van Maryland in die VSA het toesig oor twee van hul vyf kinders verloor nadat ʼn hof in dié staat die egpaar skuldig bevind het aan kinderverwaarlosing en -mishandeling nadat hulle talle video’s op ʼn YouTube-kanaal gelaai het waar hulle die kinders poetse bak.

Die egpaar het vandeesweek onskuldig gepleit op twee aanklagte van kinderverwaarlosing, maar het ʼn pleitooreenkoms met die hof aangegaan omdat hulle erken het dat aanklaers genoeg inligting bymekaar het om die teendeel te bewys.

ʼn Hof in Maryland het bevind dat die egpaar minstens twee van hul vyf kinders “verwaarloos en mishandel het” en het beveel dat die egpaar met onmiddellike effek toesig oor die kinders verloor. Die hof sal verder vir vyf jaar toesig hou oor die egpaar om te sien of hul drie ander kinders veilig en versorg is.

Die egpaar het ʼn YouTube-kanaal gestig waar hulle hul kinders poetse gebak het – soos om ʼn kamma-rooftog by hul huis te versin waartydens hulle glo die kinders se elektroniese toestelle stukkend gooi en waar hulle hul kinders bang maak. Die YouTube-kanaal het in ʼn kort tyd meer as 800 000 besoeke gekry.

Dit was egter een van die laaste video’s wat die egpaar gedeel het wat ʼn ondersoek na die ouers begin het. In dié video huil die egpaar se seun terwyl hulle op hom skreeu omdat hy kastig ink gemors het. Die egpaar het die ink oomblikke voor die opname van die video self op die grond uitgegooi om hul seun dié poets te bak.

Die video het wêreldwyd opslae gemaak en ʼn Amerikaanse welsyndiens genoop om die egpaar te besoek en van kinderverwaarlosing- en mishandeling aan te kla.

Die egpaar het die meeste van die video’s van die YouTube-kanaal verwyder en ʼn video geplaas waarin hulle om verskoning vra vir hulle “swak ouerskapsbesluite”.

Die man is die biologiese pa van twee van die kinders en die drie ander kinders is uit die vrou se vorige huwelik gebore. Die twee kinders wat deur die hof weggeneem is, is tans onder die toesig van hul biologiese ma.

Bron: CBS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ann ·

As ek die berig so lees, dink ek dis eintlik baie wreed van die ouers om op so ‘n manier vir ‘n kind ‘n poets te bak. Dink net hoe bang moes daardie kinders gewees het met die “rooftog”, en hoe getraumatiseerd oor die geskreeuery oor die ink!
Nee man, doen dit dan eerder op ‘n prettige manier. Moenie ‘n kind traumatiseer nie.

snoefie ·

en vir hoeveel videogrepe waar n kat op n baba se kop of rug spring, het jy gelag toe dit op america’s funniest home video’s was wonder on the wonder hoe seer die kind Moe’s gekry het toe die naels ingeskaan het nie? om op geskree te word kan nie daarmee vergelyk nie.

Nee Snoefie ·

..jy sit die pot heel mis.
Hierdie ouers het ASPRIS EN MET OPSET die kinders geterroriseer en verneder.
Daardie videos waarvan jy prast is baie keer ongelukke wat toevallig op viddo vasgevang is….en soms IS DIT snaaks. Ek glo nie n ouer sal ASPRIS n kat op n baba se rug gooi nie… (behalwe natuurlik hierdie 2 ouers)
Om jou kinders deur n kamma ROOFTOG te sit – neewat hulle moet groot moeilikheid kry

Zumie ·

Big Brother is watching Youtube………
Groete van George Orwell

LS ·

Hulle noem dit poetse bak ???
Dit is totaal en al emosionele MISHANDELING!!! Hoe “bak jy ‘n poets” deur te maak of jy ‘n inbreker is en dan gooi jy die arme kinders se elektroniese toestelle stukkend en noem dit ‘n POETS !!!??????
Ek kan nie verstaan hoekom al 5 kinders nie weggeneem is van hulle nie, want hulle is duidelik nie bevoeg om ouers genoem te word nie !!!
Ek hoop hulle word ordentlik dop gehou!!!!
Arme kinders !!!

Marisa ·

Dit is die mees onsmaaklike reeks videos wat ek nog ooit op Youtube gesien het. (Ek kyk nie onsmaaklike videos nie, maar het dit uit nuuskierigheid gekyk na ek berigte en kommentare oor die ouers en hulle kinders se videos gelees het.) Dit is skokkend. Die twee wat verwyder is, is twee van die vyf kinders wat ooglopend te sensitief was om die ‘pranks’ te hanteer, en gelyk of hulle sielkundig geweldige letsels opdoen tydens verfilming. Die pa was ongelooflik hardvogtig en afbrekend – alles in die naam van ‘n ‘prank’. Ek is so bly hulle is behoorlik vasgevat daaroor.

Grobbies ·

Kon myself nog nooit lekker vat kry aan ligsinnige mense nie..

Francois le Cochon ·

Hoop dieselfde gebeur met wit afrikaanse ouers wat dink dit is oulik as jul kinders vloek, of kaal rondry op quadbikes (Kyknet Kwela Funnies).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.