Ouers gevonnis ná baba sterf van ‘groentemelk’

Argieffoto

ʼn Belgiese egpaar is Woensdag in dié land tronkstraf opgelê nadat hul sewe maande oue baba se “groetemelk-dieet” daartoe gelei het dat hy van dehidrasie en wanvoeding gesterf het.

The Independent berig die egpaar van Beveren in België, wat slegs as Peter S. en Sandrina V. geïdentifiseer word, se seun, Lucas, het op 6 Junie 2014 gesterf. Die ouers wat ʼn gesondheidswinkel in Beveren naby Antwerpen bedryf, het in die hof volgehou hulle het nie met opset hul kind se dood veroorsaak nie.

Volgens die bewyse wat aan die hof voorgelê is, het die egpaar vier maande lank hul kind melk gevoer wat van hawer, bokwiet, rys en quinoa gemaak is. Lucas se ma het nie genoeg melk geproduseer om hom te borsvoed nie en hy wou glo nie formulemelk drink nie.

Lucas is op pad na ʼn hospitaal in Hasselt dood nadat ʼn homeopaat sy ouers aanbeveel het om ʼn ambulans te ontbied. Hy het net 4,3kg geweeg ten tyde van sy dood. Volgens die koerant het ʼn nadoodse ondersoek getoon hy was gedehidreer en sy maag was heeltemal leeg.

Groentemelk het nie genoegsame voedingswaarde wat noodsaaklik is vir babas in hul eerste lewensjaar nie.

Lucas se ouers het aangevoer hulle het gedink hy het ʼn gluten- en laktose-intoleransie en het hom daarom die “groentemelk” gevoer. Volgens die BBC het Sandrina in die hof gesê sy het verskeie keer in die nag opgestaan om Lucas te voer, ʼn aanduiding daarvan dat sy probeer het om na hom om te sien.

Die staatsaanklaers het aangevoer die ouers was nalatig omdat hulle die baba nooit na ʼn mediese dokter geneem het nie.

Die hof het die egpaar albei tot ses maande tronkstraf gevonnis wat in geheel opgeskort is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Michelle ·

Ek was ook verward oor daardie een. Moes weer terug verwys na die opskrif om dit te verstaan.

Ramkat ·

Die straf is baie vergewensgesind. Dink nie hulle het uiteindelik moedswilligheid die kind laat sterf nie maar eerder uit onkunde.

Askuus ·

Moenie onkunde met dwaasheid en moedswilligheid verwar nie. Na 4 maande van groentemelk kon hul nie sien die seuntjie tel nie gewig op nie? En hulself wys maak dat hy allerhande intoleransies het ipv n dokter se mening kry is grof nalatig. Klink vir my hul wou hul “gesonde leefstyl” op hul kleintjie afdwing. Kan myself nie indink hoe so klein lyfie moes voel om van hongerte te sterf nie. Shame.

Hartseer ·

Dis baie hartseer oor die baba maar maggies man! Dokters is daar vir n rede!

Dellaq ·

Arme kindjie…hoe erg moes dit wees om so ‘n dood te moes sterf…

Vlooi ·

In SA sterf daar daagliks kinders van wanvoeding omdat die.ouers te lui is om hulle te versorg of omdat hulle sangoma se raad volg. Dit sal goed wees as hulle bietjie hier wil tronk toe stuur dan sal dit dalk verbeter

jaco ·

seker twee van die miljoen onwettige immigrante in België. Te bang om behoorlike mediese hulp te vra, want hulle weet hulle gaan dan uitgevang word as onwettige immigrante.

Ronel ·

Liewe genade! Mens DINK nie jou kind het ‘n toestand of wat ookal nie. (die intolleransie) jy vat hom vir toetse!!!!

John ·

Dit kom nou nie a.g.v google nie. Dit is ligika om te sien n kind kry nie genoeg voeding nie. Ouers was nalatig. Wonder of hul pediater ook gese het dat jy op 4 maande kan kos gee? Baba se maag is eers op 6 maande gereed vir sagte kos. Baie tragies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.