Ouers gevonnis vir grusame moord van dogtertjie (3)

Sara Lynn Krueger (27) en Ryan Scott Warner (29) Foto: Facebook

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig mag sensitiewe lesers en kinders ontstel.

ʼn Paartjie van Kalifornië in die VSA is die afgelope naweek tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die “grusame” moord van die vrou se driejarige dogtertjie.

Regter Francisca P. Tisher het Saterdag gesê Sara Lynn Krueger (27) en Ryan Scott Warner (29) mag ook glad nie in aanmerking kom vir parool nie.

Die liggaam van die driejarige Kayleigh Slusher het sowat 41 wonde op die oppervlak gehad, en sy het ook talle inwendige beserings voor haar dood opgedoen.

Volgens bewyse is Slusher verskeie kere met ʼn stomp voorwerp op die kop, bolyf, arms en bene aangerand. Haar liggaam is ná haar dood in ʼn tas in ʼn blokvrieskas gesit.

Die polisie is na die paartjie se woonstel ontbied ná ʼn wenk van die welsyn. Volgens owerhede het hulle albei al voorheen koppe met die welsyn gestamp.

Sowel Warner as Krueger het vroeër onskuldig in die hof gepleit. Warner het gesê haar dood is ʼn “absolute tragedie”.

“My hart is gebreek oor haar dood. Ek het haar geen leed aangedoen nie,” het hy gesê.

Regter Tisher het egter gesê die bewyse teen hulle kan nie bevraagteken word nie en hulle is ongetwyfeld die moordenaars van die driejarige.

“Dit was ʼn lang pad om haar moordenaars aan die pen te laat ry. Sy was ʼn slim, gelukkige meisie en dit is skokkend wat aan haar gedoen is. Hopelik bring die vonnis vrede vir diegene wat vir haar omgegee het,” het die Napta-polisie in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gerrit ·

Hier in ons land gaan erger dinge aan maar MM julle beskryf dit nie soos in die berig nie…

Vryheid ·

Daar word daagliks kinders misbruik en mishandel in RSA. Dit word al gesien as “normaal”. Gerrit is reg MM berig nie oor dit in detail soos hier genoem nie, maak seker nie saak nie dit bly nogsteeds vreeslik dat mense so wreed kan wees en dit nog teenoor n weerlose kind

Sputnik ·

Dié wat so moedig vir MM kritiseer, het julle al ooit daaraan gedink om self berigte vir MM te skryf en aan hulle te stuur? Tenminste is dit gratis nuus. Lewer eerder opbouende kritiek.

Jan ·

Teminste sal hul nooit weer ñ kind kan seermaak nie. Hoop hul kry wat hul toekom in die tronk. By ons sou hul 6 jaar gekry het en na 3 jaar weer tussen ons rondloop. Dan weer kinders kry en vir almal vertel ons moet nie oordeel nie. Die land is ñ grap. Moet tog net nie iers rassisties sê nie. Woorde maak seer.

Sarel Strydom ·

Ag to maar sommiges kan kritiseer. Ander kla wee indien berigte te ‘grusaam”beskryf word. raad vir julle is gaan lees op Media 24 en stap af van MM af. Volgende wat my opgeval het is die Vonnis. Hier is in RSA sou hulle nie die helfte van die vonnis gekry het nie.

Ronel ·

Dit verbaas my om soveel kere kritiek te sien teen MaroelaMedia ?? Hierdie is gratis nuus. Indien jy nie tevrede is nie, gaan betaal vir Media24.

wilma ·

Ek verstaan ook nie die kritiek teen Maroela Media nie. Dis bloot nuus wat hul plaas. Tsk.

Hanna ·

Ek vind dit vreemd dat die 3 jarige dogtertjie as oa gelukkig beskryf word. Mishandling vind nie eenmalig plaas nie.
Oorsee is kinder mishandling groot nuus. Plaaslik haal dit soms die nuus.

Ons almal kritiseer vinnig maar wat doen ons daaromtrent. Dit sal nie weg gaan as ons ander pad kyk nie. Bewusmaking oor jare sal help.
Gewoonlik was die ouers ook mishandel. Ek se steeds as gesinsgeweld aangemeld word moet gesinne verplig word om te gaan vir intensiewe Berading.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.