Ouers in hof oor ‘sadistiese verwaarlosing’ van kleuters

Foto: Pixabay, FeeLoona

Foto: Pixabay, FeeLoona

ʼn Man en vrou van Derbyshire in die noorde van Engeland het Maandag in die hof verskyn nadat die welsyn vroeër vanjaar twee van hul kinders uit hul sorg verwyder het weens mishandeling en ‘sadistiese’ verwaarlosing wat byna die kinders se dood veroorsaak het.

Die Derbyshire-hof het gehoor ʼn welsynwerker het die twee kinders, onderskeidelik twee en drie jaar oud, ‘halfdood’ in ʼn ‘vieslike vuil’ kamer gevind, waar die ouers hulle maande lank opgesluit het.

Die kinders was glo besmeer met ontlasting en albei het snywonde en sere aan hul lywe gehad.

Volgens die welsynwerker se verklaring het die kinders deur middel van ‘kreungeluide’ gekommunikeer, aangesien hulle nie kon praat nie. Die kinders was verder glo net in staat om die woord ‘motor’ te sê.

Die welsynwerker het aan die hof gesê ʼn “ongelooflike stank” het oor die hele huis gehang, omdat die mure van die kinders se kamer ook met ontlasting besmeer was. Die gordyne was ook geskeur en daar was ʼn stukkende enkelbedmatras in die kamer.

Regter Jonathan Bennett het Maandag tydens sy uitspraak gesê die ma en die pa toon geen berou oor wat hulle gedoen het nie en probeer die hele tyd om die skuld op mekaar en hul oudste seun te pak.

Regter Bennett het verder gesê dit is “onaanvaarbaar” dat die ma en pa se yskas propvol en aansienlik skoner was, maar die kinders moes in haglike omstandighede vir hul lewens baklei.

Al die kinders is in pleegsorg geplaas.

Die pa, wie se naam nie genoem mag word nie, is Maandag 29 maande tronkstraf opgelê.

Die ma moet nog gevonnis word.

Bron: Mirror

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Marinda ·

Nou sien, dis hier waar my naasteliefde my totaal in die steek laat, want ek wens hierdie ouers net die ergste toe. Ek kan dit nie vat as kinders moet ly nie!

Cherokee ·

29 Maande!? Dan is die Engelse net so laks as in die wetgewer in SA. Daardie kinders het ‘n groter agterstand as 29 maande.

Renier Lubbe ·

Dié kinders het moontlik ewige geestelike en verstandelike skade opgedoen maar die regter kom net tot by 29 maande tronkstraf vir die pa.

Vir my maak dit net nie sin nie.

Marnelle O'Connell ·

29 mnde is belaglik, 29 jaar in n klein vuil sel sou beter gewerk het.

dolphin ·

dis belaglik lewens die kids is so onskuldig hoekom het die kids gemaak?29mde is min doodstraf tot die dood.

Sons ·

Wens ek kan aan hulle doen wat aan daardie arme kinders gedoen is! En dan kry die pa maar 29maande tronk straf…. regtig????

Lynette ·

Ek kan nie kinder- en dieremishandeling verdra nie!!!!! Wat gaan aan dat die mensdom so verskriklik wreedaardig word?

WAAT? ·

FLIP 29 maande, om jou kinders soos diere toe te sluit en te mishandel?? SIEK

foxi ·

In die verwoesde wêreld moet daar sekerlik ook skuim van die aarde wees……..!!!!

sm swart ·

Jammer, het per ongeluk die rapporteer knoppie gedruk by die opmerking deur Riaan. Hoe daardie man 29 maande kry, gaan my verstand te bowe!!!

Adam ·

Daardie ouers moet dadelik gesteriliseer word. Mense wat net kinders het en nie vir hulle omgee behoort nooit kinders te hê. Mens bring nie nog n baba in die lewe nie, jy bring n ander siel na die wereld om hier te kom probeer oorleef.

ina ·

hoe kom regters by hulle vonnisse uit? is dit omdat hulle harteloos is en dit nie hulle kinders is nie, het hulle common sense hulle in die steek gelaat? ek dag dis net ons regters wat soos breinlose mense optree. hoop nie ek offend iemand nie, maar as die skoen jou pas trek hom aan

Andre ·

Is dit wat die kinders se lewe en gesondheid werd is. 29 maande?

delia ·

Waar was die res van die familie, n ouma, oupa, tannie ens. iemand moes tog geweet het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.