Ouers se laaste pleidooi: ‘Ons wil ons kind huis toe vat’

Alfie en sy ma, Kate James (Foto: Instagram)

Alfie Evans, die 23 maande oue peuter van Liverpool in Engeland wat in ’n half-vegetatiewe toestand is, se masjiene wat hom aan die lewe hou, is Maandag weens ’n hofbevel afgeskakel. Sy ouers pleit nou om hom huis toe te neem.

Maroela Media het vroeër berig die Britse appèlhof het beslis dat die masjiene wat Alfie aan die lewe hou, afgeskakel moet word. Alfie se ouers, Tom Evans (21) en Kate James (20), veg sedertdien onverpoos om hul seun aan die lewe te hou en uit die hospitaal waar hy tans is, te skuif.

Evans en James se appèl om Alfie na ’n hospitaal in Italië oor te plaas, om sodoende sy lewensondersteunende masjiene aan te hou, het misluk. Volgens The Sun gaan Alfie se ouers die saak om hom Italië toe te vat laat vaar, maar versoek nou om hom eerder huis toe te neem.

“Alfie het nie meer hoësorgdiens nodig nie,” het Evans gesê nadat die masjiene afgeskakel is. “Daar is geen onmiddellike sorg meer vir hom nie. Ons wil ons kind huis toe vat.”

Alfie Evans (Foto: Facebook)

Evans het gesê hoewel Alfie se masjiene afgeskakel is, veg hy nog voort.

“Vir die derde dag nou al, was daar nog nie een enkele probleem met Alfie nie. Die verpleegsters kom nie in en sê “wow” nie. Alfie lewe gemaklik en gelukkig, sonder enige vorm van ventilasie,” het Evans gesê.

Evans glo ook al ’n geruime tyd dat Alfie se diagnose nie akkuraat was nie, en dit is juis hoekom hulle hom in Italië wou laat herdiagnoseer.

“Party mense sê dit is ’n wonderwerk [dat Alfie nog lewe], maar dit is nie, dit is ’n verkeerde diagnose. Daar is geen wonderwerk wat hier gebeur nie. Ek het lankal ’n gevoel oor Alfie se toestand, en ek sê nog altyd ek sukkel om te glo hy het ’n neurologiese siekte,” het hy gesê.

Regter Hayden, wat beslis het dat Alfie se masjiene afgeskakel word, het gesê hulle sal die saak met Alfie se ouers bespreek “met die doel om hom uit die hospitaal te ontslaan indien moontlik”.

’n Petisie wat vir Alfie opgestel is en daarop aandring dat hy oorgeplaas word na ’n hospitaal van sy ouers se keuse, het reeds ’n halfmiljoen handtekeninge gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Liza ·

Ai dis so hartseer. Jesus seen asb die klein seuntjie en sy ouers. Met U is alles moontlik.

Lena Jonk ·

God sal met daardie regering afreken. Hoeveel lande het nie gese hulle is bereid om daardie kind te help nie en n regering wyer dit. Dit is duiwels en ek sien dit as moord. Dis mos omdat die duiwel ondersteun word en nie Christenne nie. Ons God gaan daardie onskuldige kindjie gesond maak.

Volg sy storie ·

Ek volg sy storie, dit is wonderbaarlik hoe hard hy en sy ouers veg. Maroela daar is n baie mooi foto van Alfie waat hy nie op die ventilator is nie op hulle facebook blad. Alfie’s Army Official. dat almal kan sien hoe goed hy doen sonder ventilator

Nie n wonderwerk?? ·

Pleks gaan julle op jul kniee en sê dankie vir die wonderwerk. Nou sê julle dis nie n wonderwerk nie en wil aanhou baklei. Fokus op die belangrike dinge!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.