Ouers swaar gestraf oor ‘gruwelhuis’

David Turpin. Foto: (Will Lester/The Orange County Register via AP, Pool)

Die egpaar van Kalifornië in die VSA wat 12 van hul kinders uitgehonger en vasgeketting het, is lewenslange tronkstraf opgelê.

Die polisie het in Januarie verlede jaar toegeslaan nadat ʼn 17-jarige meisie uit die huis in Perris, sowat 113 km van Los Angeles, uit die huis ontsnap het. Die egpaar het 13 kinders.

David Allen Turpin (58) en Louise Anna Turpin (50) mag eers nadat hulle 25 jaar tronkstraf uitgedien het om parool aansoek doen. Albei het in Februarie vanjaar op 14 aanklagte, insluitend marteling en wreedheid, skuldig gepleit.

Die egpaar het hul kinders gewurg en aan hul beddens vasgeketting, by tye maande lank. Die kinders het gebrekkige mediese behandeling ontvang; mag nie die badkamer gebruik het nie en mag net een keer per jaar gestort het.

Louise Turpin. Foto: (KABC-TV via AP, Pool)

Die egpaar se oudste seun en dogter het nou vir die eerste keer hul stilte gebreek. “Ek kan nie in woorde beskryf wat ons deurgemaak het terwyl ons grootgeword het nie,” het die 27-jarige man gesê. “Ek kry soms steeds nagmerries oor die dinge wat gebeur het, soos om te sien hoe my broers en susters vasgeketting is en geslaan word.”

Die egpaar se kinders is tussen twee en 30 jaar oud. “Ek is jammer oor alles wat ek gedoen het om [my] kinders seer te maak,” het hulle ma emosioneel gesê. “Ek is so lief vir my kinders.”

Die egpaar se oudste dogter, nou 30 jaar oud, het in haar getuienis gesê haar ouers het haar van haar hele lewe ontneem maar dat sy haar lewe nou teruggeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Estelle ·

@Han…. absoluut op die aarde niks fout om 13 en selfs meer kinders nie. Dit is nie ñ aanduiding van jou IK nie. Inteendeel… die wat so presies 2.5 kinders het dink ek moet vir ñ slag bietjie wakker skrik. Dit gaan nie oor die IK nie, gaan ook nie oor die hoeveelheid kinders nie. Dit gaan oor hierdie 2 monsters wat hulself ouers noem. Hul dade is afskuwelik, in my hande sou hierdie 2 nie ñ geleentheid gehad het om ñ verhoor by te woon nie. Maar maak dit my dan na my daad nie dieselfde tipe mens as wat hulle is nie? Is die vrou wat pligsgetrou haar geboortebeperking pilletjie sluk (wat net so terloops nie bevrugting keer nie, maar elke bevrugte eierselletjie, m.a.w elke nuwe lewetjie aborteer) dan minder skuldig? Sy het “genadiglik” dan mos ñ hoë IK en genadiglik net 2 kinders… maar maand vir maand word ñ baba geaborteer deur haar pligsgetroue sluk van “Die Pil”.

Bekommerd ·

IK het beslis iets daarmee te doen, ook erge armoede. Mense wat hulself nie intellektueel besig hou om hul lewens te verryk met goeie dade, werk en intellektuele vooruitgang nie, raak gedesentiseerd en begin so wreedaardig optree. Hulle kom dalk beide uit sulke huise toe hul geootgeword het en sit die afskuwelike tradisies voort.

Die pil is nie aborsie nie! ·

Estelle, biologies gesproke is die daaglikse voorbehoedpil nie naastenby ‘n aborsie nie, aangesien die pil ovulasie keer, so geen bevrugting kan plaasvind nie. Jou vergelyking is dan heeltemal irrelevant.

humor ·

Ek het nog nooit so iets in die dierewereld teegekom nie. Wanneer satan die beheer oorgeneem het dan is soortgelyke dade aan die orde.

Jacques ·

Kry vir jou ‘n paar hoenders en hou hulle dop.
As hulle nie van een hou nie, pik hulle hom tot hy bloei. Dan eet hulle hom.
Lewendig.
As een siek word, vat hulle beurte om op hom te spring.
Tot hy dood is.
Snaakse diere; hou hulle mooi dop op die werf.

Alida ·

As dit liefde is wonder mens wat is babarisme. Waaroor tjank sy nou. Het haar kinders se gehuil haar nie gepla oor die jare nie. Gelukkig in n eerste wereld kan hulle vergeet van borg.

Zaks ·

As satan moet oorneem sal elke 3de persoon soos n pshyco zombie optree. Satan / maar net mens se vermoe om blaam van swak skepping en “flaws” te verdoesel…

?leser ·

mense in die lewe is siek, SIEK, verby, hulle moet nie eers na 25 jaar gevangenis vir parool kan aansoek doen nie, hulle moet so lank sit as wat hul lewe

Hennie ·

Nie eers wilde diere is so wreed nie! Hoop hulle word hard geslaan in die tronk, dat dit ‘n lewende hel sal wees vir hulle!

Kortom ·

Hul is sadiste. Kinders is verwek om te martel, en nou manipulerend ‘hartseer’ omdat hul dit nie meer kan doen as hul in die tronk is nie.

Francois Joubert ·

Soos ek verstaan het mense in die tronk ‘n afsku in gevangenis wat minderjariges kwaad aangedoen het. Hulle word beskou as swakkelinge wat die maklike opsie gekies het.

PJC ·

Doodstraf sou gepas gewees het. Hierdie kinders sal nooit weer heeltemal nirmaal kan funksioneer nie.

Bekommerde ·

Vir God is alles moontlik – met die hulp van regte beraders en leiding kan hierdie kinders ‘n normale lewe begin lei – hulle sal nooit kan vergeet wat gebeur het nie. Kom ons bid saam dat hulle die kans gegee sal word om net weer mens te wees in die volle sin van die woord. Ons bid ook dat alle kinders veilig sal voel waar hulle ook al groot word. Ons bid ook dat ons mensdom minder mekaar emosioneel met woorde afkraak.

Marthie Mower ·

Presies my denke ook! 13 kinders wat verniel en vermorsel was. Verskriklik.

LD ·

Dis verskriklik erg! As jy lief is vir jou kinders doen jy nie die dinge aan hulle nie! Hoe gaan hulle nou in die samelewing aanpas na so veel jaar!?

GM ·

Estelle – hier is ‘n stukkie vir jou want ek weet nie waar jy daaraan kom dat die pil elke maand ‘n lewe aborteer nie. EN in sommige gevalle kan mens swanger raak, al drink jy die pil.

“Most birth control pills are “combination pills” containing a mix of the hormones estrogen and progesterone to prevent ovulation (the release of an egg during the monthly cycle). A woman cannot get pregnant if she doesn’t ovulate because there is no egg to be fertilized.

The Pill also works by thickening the mucus around the cervix, which makes it difficult for sperm to enter the uterus and reach any eggs that may have been released. The hormones in the Pill can also sometimes affect the lining of the uterus, making it difficult for an egg to attach to the wall of the uterus.”

Elsabie ·

“Ek is so lief vir my kinders” goeie genugtig!! Jyt nie die vaagste benul wat liefde is nie jou stuk gemors!! Ek hoop jul vrot die tronk!!

Dries du Toit ·

Tronk sal my nie tevrede stel nie. Dalk net openbare teregstelling is die antwoord

Mariana ·

Ja natuurlik is sy nou so vreeslik Lief vir haar kinders. Wat sal sy nou weet van ‘n ma se Liefde vir haar kind. En boonop kan hulle in aanmerking kom vir parool na 25 haar. Die goed moet dood in die tronk. Hulle is nie mens nie. Geen ouer behandel sy kind so nie…….en tog hoor ons van baie sulke gevalle. My enigste vraag is hoe sulke mishandelde kinders gaan funksioneer in vandag se siek samelewing, watse soort mense gaan hulle wees. Mens kan net hoop dat hulle herstel van hulle marteling.

Lizelle ·

Wat moet deur so persoon se kop gaan om so wreed teen ‘n kind op te tree waarvoor jy nogals lief is? Hoe is dit moontlik ? Hoe doen ‘n mens dit aan ‘n kind??? Ek weet ek mag nie oordeel nie en ek glo dat Here tot redding gaan kom vir die kinders se seer en ek glo dat die Here hierdie monsters sal straf vir hulle dade. Hoe leeg moet jou siel wees, of hoe leeg moet jy as ‘n mens wees om so iets te doen?

Oom Koos ·

Ek hoop rerigwaar daar is nie “ag shame” mans en vroue wat die vrou wat in krokodriltrane bejammer nie. As ek die regter in die saak was sou ek dieselfde behandeling as wat hul kinders gekry het vir hulle gee. Sulke “mense” moet uit die gene-poel verwyder word.

Martin ·

Ons stryd op aarde is nie teen vlees en bloed nie, maar onder andere teen die “bose geeste in die lug.” (Efes. 6:12) Dit is wat hier gebeur het. Daardie ouers het die stryd verloor teen die bose geeste (demone) en meegedoen. Miskien was hulle sataniste, want geen Godvresende mens sal doen wat hulle gedoen het nie. Hulle dwaasheid moes iewers ’n oorsprong hê. Dwelms? Opvoeding (was dalk self slagoffers van mishandeling)? Wat ek wil sê, is dat sulke afskuwelike dade dikwels demonies van oorsprong is. Demone is bose geeste en ’n werklikheid. Hulle kan opereer op verskeie gebiede: Geld, seks, geweld, egoïsme, valse trots, ens. Wanneer die mens deur sonde ’n deur in sy/haar lewe oopmaak op een of meer van bg gebiede, kan demoniese besetting plaasvind, ongeag of jy ’n Christen is of nie. Die vraag is wat jy daarmee doen? Geniet jy dit? Of beveg jy dit en gaan soek hulp? Daardie twee mense het dit klaarblyklik geniet. Ontsettend!

J. van Rensburg ·

Skokkend dat daar sulke sataniese onmense bestaan – arme kinders – ek hoop hulle sal DALK eendag normale lewens kan lei. ons het hier in ons eieheimat ook byna soortgelyke gevalle gehad, en dié was skokkend genoeg, maar hierdie is – soos ek dit al iewers gelees/gehoor het: “Beyond the pale…”

Just a thought ·

If you loved your kids you would not have done this. To sit in jail for the rest of your life is not enough. But to answer to God the day you die will be punishment.

Waardes ·

If you loved your kids you would not have done this. To sit in prison for the rest of your life is not enough. But to answer to God when you die will be the true punishment.

Estelle ·

@GM, ek wil nie wegneem van hierdie 2 monsters wat hulself ouers noem se dade wat hul kinders die hel gewys het nie. Daarom net die volgende skakel en dan kan jy self gaan lees hoe nie eers medici werklik weet hoe dit nou eintlik werk nie. Google gaan jou nou ook nie juis die waarheid laat sien nie. Grou maar bietjie dieper en gebruik ander “search engines” as Google.

https://abort73.com/abortion_facts/which_birth_control_methods_cause_abortion/

Lizelda ·

Ek is seker nie veronderstel om te verstaan nie want regtig ek kan nie verstaan hoe mense diere en kinders kan mishandel en dan glo hulle hulle is onskuldig. En as hulle dan tronk toe gaan wil hulle vd wereld vertel hulle kinderjare was sooooo traumaties of nou is hulle vreeslik sieklik…

GM ·

Estelle, ek weet baie goed van peer reviewed articles en dinge, het self ‘n paar BSc. grade in die Life Sciences rigtings. Ek het slegs Google gebruik omdat dit die taal is wat almal verstaan. Die inligting wat ek deurgegee het, staan immers in jou artikel ook.
Ek neem aan jou uitkykpunt is dat ‘lewe begin’ sodra die eiersel en spermsel bymekaar kom, dus kan ek insien dat jy voel die pil veroorsaak aborsies. Ek voel weer ‘implantation’ is nodig, en ekself wag ook altyd vir ‘n hartkloppie voor ek die selle as ‘n lewetjie begin beskou, en sê ‘ek is swanger’. Daar is gevalle waar die vrou dink sy is swanger, al die regte hormone afskei, die plasenta kan groei en homself vir ‘n rukkie onderhou, maar die sakkie is leeg. Daarom seker ook my uitkyk van daar moet ‘n hartklop wees.
Dankie vir die ander uitkyk wat jy gegee het. :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.