Ouers vas oor 13 ondervoede kinders

Louise Anna Turpin

ʼn Egpaar van Kalifornië in die VSA is in hegtenis geneem nadat die polisie hul 13 ondervoede kinders uit hul huis gered het. Sommige van die kinders was aan beddens vasgeketting.

Die polisie het Sondag toegeslaan nadat ʼn 17-jarige meisie uit die huis in Perris, sowat 113 km van Los Angeles, ontsnap het.

“Polisiebeamptes het op 12 kinders in die huis afgekom, maar het met skok agtergekom dat sewe van die kinders eintlik volwassenes is,” het die polisie in ʼn verklaring gesê. “Die slagoffers was ondervoed en baie vuil.” Die kinders is tussen twee en 29 jaar oud.

David Allen Turpin

Die kinders se ouers, David Allen Turpin (57) en Louise Anna Turpin (49), is in hegtenis geneem en word van marteling en kinderverwaarlosing aangekla.

Volgens bure het die Turpins en hul kinders amper nooit hul huis verlaat nie. Een van die bure het van die kinders in Oktober verlede jaar buite in die tuin gesien. “Hulle het baie bang gelyk, asof hulle nog nooit mense gesien het nie.”

Die polisie het gesê ses van die egpaar se kinders is minderjarig terwyl die ander sewe ouer as 18 is. Die kinders het aan polisiebeamptes gesê dat hulle uitgehonger is.

Die egpaar sal Donderdag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Willie ·

Liewe land! Hoe onmenslik… joh…mens kan dit nie glo nie, dis soos n riller…

Elvira ·

En die bure doen niks toe hulle die verskrikte kinders sien nie. ???? Eks stomgeslaan. Raak betrokke mense. Julle hoef nie te gaan tee drink langsaan nie maar hou julle ore en oe oop en luister na jou intuisie. Luister na die stemmetjie wat met jou praat en tree op.

Denise ·

Dit is skokkend ek verstaan nie hoekom die bure altyd na die tyd wil kommentaar lewer nie hoekom nie dadelik iemand bel mens kan tog sien en hoor iets is FOUT dit is tog ongesond om in die huis te bly elke liewe dag doen iets niemand verdien om so mishandel te word nie wat is fout met die ouers ??????

STOMGESLAAN ·

AG moet asb nie met hierdie sad stories by my aankom nie. WAAR Is die maatskaplike werkers? Hoe kom mense eers na soveelJARE agter dat ‘n paartjie hulle kinders ondervoed en mishandel. Die authorities is useless, die maatskaplike sisteem is useless .. dit gebeur ook in SA .. alle regerings en hulle maatskaplike stelsels FAAL die arme mishandelde uitgehongerde kinders. Waar is die bure? Waar is die regstelsel, WAAR is die familie .. twak man! Kinders word tog geregistreer as hulle gebore word, so niemand volg op of hierdie kinders skooltoe gaan nie?

Gesoute maatskaplike werker ·

Maatskalike werkers kan net reageer as skole of die gemeenskap aanmeldings doen. Hulle kan nie ruik iets is verkeerd nie. Oorlading en te min werkers. Geen of min staastsubsidie vir dienste. Jy het nou net getoon hoeveel disrespek jy vir die Maatskaplike Beroep het. Gemeenskappe moet ook verantwoording neem.

GEEN RESPEK VIR MW ·

Ja o jitte Gesoute Maatskaplike Werker, jy het nou PRESIES getoon van watter staal julle gemaak is en watter tipe mense julle is, niemand vertrou julle meer nie, dis hoekom hulle nie die sake aangee nie, en JA ek het GEEN MAAR GEEN RESPEK vir die maatskaplike beroep nie .. Wie se skuld is dit dat julle oorlaai is en te min werkers het? MYNE? As jy so ‘n gesoute maatskaplike werker is sal jy ook weet dat EK lid van die publiek nie ‘n kind kan verwyder van ‘n ouer nie MAAR JY KAN, of doen julle nie meer daardie ‘moeilike’ werk nie .. JY IS DOODREG EK HET GEEN RESPEK vir julle beroep nie, want julle FAAL die kinders!~!

@ gesoute maatskaplike werker ·

Jy moet maar die skoen aantrek as hy jou pas. Lyk my dit was jou nommer daai gewees.

Diklizzy ·

Ek sien gereeld in ons eie dorp (ek is voorsitter van Helpende Hand) hoe dit wat aangemeld word, baie laag op die lys land as dit blankes is.

Ada ·

Stomgeslaan jy is 100% reg.
Dieselfde met Poppie en haar boetie – soveel het geweet wat aangaan maar niks was gedoen nie. Niks.
Net soos met hierdie geval nou. Dankie tog die kinders leef nog.

Ouma Mossie ·

En ek SMAG na ‘n kind om weer in my huis te hê, liefde te gee en te versorg! Nou is ek al oud….my kleinkinders vêr en diè wat naby is, kom kuier nie gereeld nie want die kinders het naskoolse aktiwiteite. :(

Alida ·

Dit is inderwaarheid skokkend. 13 kinders!!!! Dit is ongelukkig so dat dit in SA ook gebeur dat die owerhede kinders faal. Kyk vir Poppie van der Merwe.

Ouma Mossie ·

En ek SMAG na ‘n kind om weer in my huis te hê, liefde te gee en te versorg! Nou is ek al oud….my kleinkinders vêr en diè wat naby is, kom kuier nie gereeld nie want die kinders het naskoolse aktiwiteite en saans is dit huiwerk ens.

Alida ·

Die kinders sal altyd ‘n agterstand he sonder skoolopleiding of kommunikasie met die buitewereld. Sterkte vir die personeel wat iets van hulle wil maak. Die ouers moet tronk toe gaan en klaar.

Hans ·

Stem saam met Stomgeslaan. Maatskaplike werker, dit is die sisteem wat ons voor kwaad is en die sisteem wat useles is, ons het nie die mense wat die werk doen useles genoem nie. Weet jul kan ook net soveel doen as wat jul by magte is. Ek baklei ook daagliks teen die sisteem en ja ek word deur publiek uitgehaal, totdat jy hul die situasie verduidelik dat dit is nie jy nie jy doen net wat jy kan n beter sisteem is wat nodig is hier in ons land. Die feit dat dit in die almagtige VSA gebeur is nog meer skokend want hul is mos nou n 1ste rangse land, wat mos gesien moet word as die voorbeeld en toonbeeld hoe goed gedoen moet word. So waar is die yank nou?

Renette ·

Meeste maatskaplike werkers draai ook maar net hulle rug. Glo eerder ma’s wat ligstories opmaak oor pa’s en fie kinders wat regtig hulp nodig het word nie gehelp as SAPS nie betrokke is nie, wn ons almal weet hoe useless hulle is

Grace Mugabe ·

As die algemene publiek meer betrokke en oplettend in hulle onmiddelike buurt is, sal vele kinders en jongmense gered word. Ook uit die menshandel netwerke se kloue. Waar was die uitgebreide familie van die mense!

@ Grace ·

Oor die families stem ek saam maar ander mense soos bure gee die sake keer op keer aan dan kom besoek die maatskaplike werkers kamstig die huise en dan sien hulle ‘niks’ verkeerd nie .. so gaan dit aan tot die kind in ER eindig met ‘n breinbesering of skedelbreuk DAN skielik skrik almal wakker en verdedig die maatskaplike werkers hulleself deur te se toe HULLE daar was was die pa en ma baie liefdevol teenoor die kinders en het daar ‘n hoender op die tafel gelê, neewat hulle draai my nie meer ‘n rat voor die oe nie.

Vanuit USA ·

Verstaan nie lekker hoe dit in daardie staat werk nie, maar hier in Louisiana, as ons kinders vir 3 dae sonder komunikasie nie by die skool is nie, word die maatskaplike werkers na jou huis gestuur. Dit geld vir my man wat werk ook, as hy nie by die werk opdaag sonder komunikasie nie, stuur hulle mense uit om te gaan kyk of als nog reg is by die huis

Ouma Liefie ·

Maatskaplike werker: ek het in die jare 80 jullle geskakel om ‘n kind te gaan haal wat erg mishandel was. Julle het nooit enige-iets gedoen nie. Toe die kind halfdood gebrand is, het EK die polisie geskakel en hulle het die kind gaan haal – hy was onder ons sorg totdat ‘n familielid hom oor die seun ontferm het. Ongelukkig, ja ongelukkig, het diè kind net soos sy pa uitgedraai….. hy het twee sussies gehad en hulle wou hom nie help nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.