ʼn Trotse ouerpaar van Lexington in Suid-Carolina in die VSA het onlangs hul derde baba verwelkom – en die stewige mannetjie het die skaal met geboorte by ʼn allemintige 6,53 kg laat trek!
Colin Keisler is op 23 Junie in die Lexington Mediese Sentrum gebore. Volgens die personeel by die hospitaal is hy die grootste baba wat nog daar gebore is sedert die hospitaal in 1971 sy deure oopgemaak het.
Arthur Keisler en Cindy Richmond is al gewoond aan groot babas – hul eersteling het 3,4 kg met geboorte geweeg en hul tweede baba 4,4 kg. Nooit sou hulle egter kon dink dat hul derde pienkvoet só ʼn bielie van ʼn baba sou wees nie!
“Die laaste twee of drie maande van hierdie swangerskap was baie moeilik. Ek was baie ongemaklik en het talle slapelose nagte gehad,” het Richmond gesê. “Ons het gedink die baba sal groot wees, maar nie meer as 14 pond nie.”
Dr. Jaime Brown Price wat die keisersnee behartig het, het gesê hy is verstom deur Colin se grootte. Colin was met geboorte 60,96 cm lank. Die klere wat sy opgewonde ouers vir hom voor sy geboorte gekoop het, was sommer dadelik te klein en Colin dra reeds klere wat vir babas van ses maande oud gemaak is.
Klein Colin en sy ma is albei gelukkig en blakend gesond. “Ons kan nogal sien dat hy eendag Amerikaanse voetbal vir die Green Bay Packers speel,” het pa Arthur trots gesê.
- Arthur Keisler en Cindy Richmond met baba Colin. Foto: http://blog.lexmed.com
- Colin Keisler het met geboorte 6,53kg geweeg. Foto: http://blog.lexmed.com
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Ek sou raai die ma is ‘n diabeet, of het swangerskapdiabetes gehad. Maar die artikel sê tog albei is blakend gesond??
Pienkvoet?
Baie geluk.Hy moet eendag rugby speel
Hoekom?
Baie Geluk hy is te pragtig hy sou n paar soene gekry het as ek hom n oomblik kon vas hou
ek wens vir julle n Geseende toekoms toe.