Ouers verwelkom nóg ʼn bielie van ʼn baba

Colin Keisler het met geboorte 6,53kg geweeg. Foto: http://blog.lexmed.com

ʼn Trotse ouerpaar van Lexington in Suid-Carolina in die VSA het onlangs hul derde baba verwelkom – en die stewige mannetjie het die skaal met geboorte by ʼn allemintige 6,53 kg laat trek!

Colin Keisler is op 23 Junie in die Lexington Mediese Sentrum gebore. Volgens die personeel by die hospitaal is hy die grootste baba wat nog daar gebore is sedert die hospitaal in 1971 sy deure oopgemaak het.

Arthur Keisler en Cindy Richmond is al gewoond aan groot babas – hul eersteling het 3,4 kg met geboorte geweeg en hul tweede baba 4,4 kg. Nooit sou hulle egter kon dink dat hul derde pienkvoet só ʼn bielie van ʼn baba sou wees nie!

“Die laaste twee of drie maande van hierdie swangerskap was baie moeilik. Ek was baie ongemaklik en het talle slapelose nagte gehad,” het Richmond gesê. “Ons het gedink die baba sal groot wees, maar nie meer as 14 pond nie.”

Dr. Jaime Brown Price wat die keisersnee behartig het, het gesê hy is verstom deur Colin se grootte. Colin was met geboorte 60,96 cm lank. Die klere wat sy opgewonde ouers vir hom voor sy geboorte gekoop het, was sommer dadelik te klein en Colin dra reeds klere wat vir babas van ses maande oud gemaak is.

Klein Colin en sy ma is albei gelukkig en blakend gesond. “Ons kan nogal sien dat hy eendag Amerikaanse voetbal vir die Green Bay Packers speel,” het pa Arthur trots gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anoniem ·

Ek sou raai die ma is ‘n diabeet, of het swangerskapdiabetes gehad. Maar die artikel sê tog albei is blakend gesond??

MissDemeanor ·

Jip. Hul lyk nie juis of hul gaan draf het terwyl sy swanger was nie.

Antjie Rossouw ·

MissDemeanor jou opmerking laat my wonder of jou naam nie eerder miss mean moet wees nie. Hoe weet jy wat hierdie gesin se omstandighede is om so n lelike opmerking te maak??????

MissDemeanor ·

Hoe bedoel jy “omstandighede” Antjie? Mens hoef nie ryk te wees om fiks te wees nie. Mens hoef ook nie baie vrye tyd te he nie. 20 minute kardio 3 maal per week. Jy kan dit doen deur winkel toe te stap of werk toe te stap of op en af te spring in jou sitkamer saam jou kinders. Jy hoef nie by n gym te wees nie. Dis baie great dat hul n kind gekry het wat op die oog af gesond is. Maar dis enorm en hul kan bly wees die baba kon uitkom sonder dat die ma doodgaan. Wat sou 50 jaar gelede gebeur het as iemand so moes geboorte skenk? Mens mag maar probeer om so bietjie fiks te bly tydens swangerskap.

Tollies ·

Baie Geluk hy is te pragtig hy sou n paar soene gekry het as ek hom n oomblik kon vas hou
ek wens vir julle n Geseende toekoms toe.

Regtig ·

Partykeer kan mense regtig baie lelik wees, veral Mc Donald comment. Dit is duidelik hy is groot in lengte en struktuur, hy is nie net n ronde bal vet nie. Ek het n giant sportman en hul spiere, al is dit groot is net so swak ontwikkel en moet ook gestimuleer word soos n gewone kind, dan eers het hierdie kind n voordeel omdat hy langer en sterker is, hy kan dan groter tree gee en is te sterk om plat getrek te word. So ook emosionele ontwikkeling, mense gaan meer van hom verwag al dink en leef hy net maar ins sy regte ouderdom. Arme kind

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.