Ouers waarsku ná modeldogter sterf in fratsongeluk

Rebecca Burger (Foto: Instagram)

ʼn 33-jarige vrou van Frankryk is oorlede ná ʼn apparaat wat gebruik word om geklopte room voor te berei, ontplof en haar in die borskas getref het.

Rebecca Burger, ʼn model en fiksheidsinstrukteur, se familie het hul vandeesweek tot sosiale media gewend om ander te waarsku oor die gevare van dié apparaat.

Volgens die Franse koerant 20 Minutes het nooddienspanne wat op die toneel was daarin geslaag om haar hart weer te laat klop ná sy ʼn hartaanval gehad het. Sy was egter bewusteloos met haar aankoms by die hospitaal en het die volgende dag gesterf.

Dié apparate maak gebruik van stikstofoksied wat vrygelaat word om druk in die roomhouer te vorm wanneer dit deur ʼn pennetjie in die apparaat deurboor word.

Volgens die verbruikerstydskrif 60 Millions is sowat twee ander mense ook al met dieselfde apparaat beseer. Dit is egter die eerste dood wat aangemeld is. Een van die slagoffers se ribbes het met die impak gebreek.

Die apparaat wat sy gebruik het (Foto: Instagram)

Die Franse ministerie van ekonomie het in 2014, ná die twee voorvalle waarin mense beseer is, ʼn waarskuwing oor die apparaat uitgereik. In die vrystelling het die ministerie gesê talle soortgelyke modelle wat ook met stikstofoksied werk, hou potensieel gevare in.

Ard’Time – die maatskappy wie se apparaat Burger gebruik het – het intussen ook die spesifieke apparaat herroep weens veiligheidsrisiko’s dat die plastiek-uitlaatklep weens te veel druk kan afskiet of ontplof.

ʼn Volledige ondersoek na die voorval duur nog voort.

Dié video wys hoe die apparaat werk:

COMMUNIQUÉ ARD'TIME : ALERTE CONSO Information Importante à diffuser le plus possible.Pour les siphons de notre marque rendez vous sur le site:www.ardtime.net

Posted by Ard'time on Friday, December 18, 2015

Bron: Washington Post

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

CQ ·

…MODELDOGTER…? nou wat het dit met die prys van eiers uit te waai? Hier dog ek nou dis een of ander “skoonheid produk”
Whoopi doo….

CS ·

Sy was eintlik ‘n Fiksheidsinstruktrise -Mailonline het volledige berig ook gehad

Ashlee ·

CQ, het jy nog nooit hiervan gehoor nie? Pragtige afrikaanse beskrywing. Modelpa, modelma, en ouma wat tog so graag altyd spog, “my modelkleinkind.

E.K. - ek sê net! ·

CQ – is dit nou nodig om onsensitief te wees? Sies man

Wagter ·

CQ het n punt beet, in sommige artikels is dit model pa/dogter, en in ander nie, so beteken dit nou dat die res nie goed genoeg was nie en dat net sommiges waardig is van die titel ?

DS ·

CQ Miskien moet jy dink en nie dog nie. Jou kommentaar lewer geen bydrae en is ongevraagd en onsmaaklik. En wat is dit met die whoopi doo? Dankie MM vir die berig en sterkte aan haar familie in die moeilike tyd.

LF ·

DS asof jy iets goed te sê het. Sies man. Ek het ook nogal gedink wat het die model met alles uit te waai . Dis nie onsensitief nie. Dis irriterende sensasie soekende skryfstyl van media.

k ·

aai tog* ek stem saam met jou….enige iets wat mens doen op n daaglikse lewe is gevaarlik…As jy daai dag die moeiste blom is word jy gepluk…net 1 ding wat my brein bietjie prik is….wat sou veroorsaak dat sy n hartaanval gehad het? was die inpak teen haar bors so erg?

Ander Annie ·

Wat ookal, model of nie, hierdie ouers het hulle dogter aan die dood afgestaan. Dir is baie hartseer. Innige simpatie aan haar familie.

Vos ·

Simpatie aan ouers, ens. Dit wys net as dit jou dag is, is dit so!

Not ·

Nee dit wys dit nie. Sy het n apparaat gebruik wat as hoe risiko uitgewys is. As sy versigtiger was was sy nie dood nie. Daars nie so iets soos “as dit jou tyd is” nie. Gebruik jou verstand en jy sal langer leef.

Susanne ·

Die video verduidelik vir my absoluut niks van hoe dit werk nie…

fransien ·

Ek kan ook nie juis sien hoekom daar gemeld word “model dogter” nie. Dan sal hulle seker by my dogter moet noem wetenskaplike dogter

DS ·

Not duidelik was al die duisende mense wat al in ongelukke wat deur ander veroorsaak was nie versigtig genoeg nie. Of die mense wat dood is in 9/11 was nie versigtig genoeg nie. Jou tyd is jou tyd en jy kan so versigtig soos jy wil met enige apparaat werk dit gaan dit nie keer nie. En wat is fout daarmee om te noem sy is ‘n modeldogter Fransien? Selfde ou afgesaagde storie wat ons paar dae terug gehad het oor aktrise wat in ons land geskiet was. Regtig!

Kwapie Scheepers ·

Ek is seker dit is koolstofdioksied. (CO2) en nie stikstofoksied nie. CO2 is dieselfde gas wat in koeldranke is.

Nadine Knoetze ·

As julle nie iets beters het om te se nie bly eerder stil. Die ouers het hulle dogter verloor maak nie saak wat sy was. As jy n ouer is sal jy verstaan. Sy was hulle model. Sterkte aan die familie. Kan myself nie indink hoe dit moet voel om n kind te verloor nie. Daar bestaan nie so iets van as dit jou tyd is nie. Die Here het sy tyd maar die was n ongeluk.

sue-ann ·

Nadine daar bestaan iets soos as jou tyd daar is,is hy daar. Kyk getus Num 24:23. Wie kan in die lewe bly as God dit nie bepaal nie. Pred8:8 niemand het seggenskap oor sy sterfdagnie. psalm 90:3 u laat die mense sterwe. Psalm139:16 al my lewensdae was in U boek geskrywr voordat ek gebore is. In openbaring. Aan My is die sleutels van die dood en die doderyk gegee

Paternoster ·

Nonsens. As jy risikos vat trek jy “jou tyd” nader. God gee jou n brein en verantwoordelikheid om jou eie besluite te neem. Moet nie als op God blameer nie, dit maak jou net so ruggraatloos soos die ANC wat die land op blankmense blameer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.