Ouers was glo besope toe kleuter op spoorlyn beland

Skermskoot uit die video wat op Die Herald Sun se webwerf gepubliseer is. Skakel na die video in die berig.

Skermskoot uit die video wat op Die Herald Sun se webwerf gepubliseer is. Skakel na die video in die berig.

Die ouers van ʼn tweejarige wat op ʼn spoorlyn in Australië gered, was glo ten tyde van die voorval onder die invloed van alkohol.

Kringtelevisiebeeldmateriaal wat op die Herald Sun-koerant se webwerf gepubliseer is, wys die ma buk om iets op te tel terwyl die kind se stootwaentjie van die platform afrol en op die spoorlyn beland. Die voorval het Saterdagmiddag in Melbourne plaasgevind.

Die vrou spring dadelik op die spoorlyn en omstanders haas hulle ook na haar om die kind te red. Een van die mans wat die vrou en kind gehelp het, het aan 7 News gesê dit wou voorkom of die ma in skok is. Die Herald Sun berig egter die polisie is ontbied en die kind se ouers was besope.

Die kind het net geringe gesigbeserings opgedoen.

Klik hier om ‘n video van die voorval te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jjobson ·

Drank is die duiwel se moordwapen. Sterkte aan die kind en mag die beserings spoedig genees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.