Ouers wat baba na Hitler vernoem, skuldig op terreurklagtes

Claudia Patatas en Adam Thomas saam met hul babaseuntjie.

ʼn Britse paartjie is op terreuraanklagte skuldig bevind nadat dit vasgestel is hulle behoort aan ʼn verbode terreurgroep.

Adam Thomas (22) en Claudia Patatas (38) is daaraan skuldig bevind dat hulle lede van National Action, ʼn uiters verregse organisasie is wat Adolf Hitler verafgod. National Action is ingevolge Britse wetgewing onwettig verklaar.

Dit het tydens hul verhoor aan die lig gekom dat die paartjie hul kind na Hitler vernoem het. Daar is ook foto’s gewys waar hulle met ʼn Nazi-vlag en in Ku Klux Klan-drag poseer.

‘n Foto van die huis waarin Thomas en Patatas gewoon het. Foto: West Midlands Police via AP

Die verhoor is in die Birmingham-hof aangehoor en het sewe weke geduur. Thomas is ook daaraan skuldig bevind dat hy in die besit was van instruksies om ʼn bom te vervaardig.

Thomas, ʼn veiligheidswag by ʼn pakhuis, en Patatas, ʼn fotograaf wat in Portugal gebore is, is in Januarie saam met vier ander mense in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat hulle lede is van National Action wat in 2016 deur die Britse regering verban is en as ʼn terreurorganisasie verklaar is.

Volgens die polisie wou National Action ʼn rasoorlog in Brittanje begin. Die polisie het gesê lede van die groep het vir jare die nodige vaardighede aangeleer vir dié doel en dat hulle onder meer navorsing gedoen het oor hoe om ploftoestelle te vervaardig en dat hulle vuurwapens bymekaargemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Twakkie ·

Beslis nie reg wys nie en gevaarlik. Maar intussen word radikale Moslems wat hulself aan terreur skuldig maak, met handskoentjies behandel. Aldus die voorstanders van Brexit. En hulle gee voorbeelde.

Jean ·

Dalk moes hul die kind eerder MANDELA genoem het….sal oral goue sterretjies ontvang het.

Donderstorm ·

Dag demokrasie is vryheid van spraak en denke dit is seker n ander saak as hy iemand opgeblaas het hul kan hul kind noem na wie hul wil mos dit is hul demokratiese reg of blykbaar nie op die internet is daar baie dinge te kry van swart kruit maak tot goud uit ou stroom bane haal so as jy so iets op jou rekenaar het is jy nou skildig aan tereur watse snert.

$killiekindNL ·

In die wereld gebeur snaakse dinge. Hitler was die wreedste man ooit. Ek dink dat hulle deur n lang periode gaan gaan. :-(

jaco ·

hoekom sluit mense in puik eerste wêreldlande by sulke white supremacy groepe aan? hulle regerings is dan klaar wit.
Daardie lande is ook SONDER:
werkloosheid
regstellende aksie wat wit mense verarm
BEE
plakkerskampe
swak staatshospitale

Hulle kies die “verkeerde” land uit om oor te kla.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.