Ouers wil Charlie Gard huis toe vat sodat hy kan sterf

Charlie Gard en sy ouers, Chris Gard en Connie Yates (Foto: Gard-familie via AP)

ʼn Prokureur vir die ouers van Charlie Gard het Dinsdag aan ʼn regter gesê hul laaste wens is om hul seun, wat in ʼn kritieke toestand is, huis toe te vat sodat hy kan sterf.

Die prokureur vir die gesin van die 11 maande oue baba en die hospitaal wat hom behandel, het Dinsdag na Engeland se hooggeregshof teruggekeer, ʼn dag nadat die baba se ouers gesê het hulle laat vaar hul uitgerekte regstryd om alternatiewe behandeling te bekom.

Die prokureur, Grant Armstrong, het aan ʼn regter gesê Chris Gard en Connie Yates het met Great Ormond Street-hospitaal vergader sodat Charlie ontslaan kan word, maar daar is struikelblokke.

Yates het in die hof verskyn voor regter Nicholas Francis.

Charlie ly aan mitochondriale DNS-uitputtingsindroom (MDDS), ʼn uiters seldsame genetiese siekte, en kan nie sonder hulp asem haal nie. Sy ouers aanvaar dat sy toestand nou só versleg het, dat die alternatiewe behandeling nie sal werk nie.

Francis moes uitspraak lewer in die saak waar die gesin mediese behandeling in Amerika wou gaan soek het. Die Londense kinderhospitaal het die aansoek teengestaan, en gesê dit sal nie help nie en sal veroorsaak dat Charlie ly.

Britse howe en die Europese Menseregtehof het die hospitaal ondersteun.

Sy ouers het Maandag hul aansoek laat vaar en gesê dit is nou te laat vir Charlie.

Die saak het internasionaal aandag getrek toe pous Franciskus en die Amerikaanse president Donald Trump en lede van die Amerikaanse kongres Charlie se ouers ondersteun het.

Aktiviste van Amerika het na Londen gevlieg om Charlie se ouers by te staan en die saak het lig gewerp op sienings oor finansiering vir gesondheidsorg, mediese ingryping, die rol van die staat en die regte van die kind.

Chris Gard het Maandag buite die hof gesê die egpaar wil Charlie se finale ure saam met hom spandeer. “Ons gaan binnekort die moeilikste ding doen wat ons ooit sal hoef te doen, en dit is om ons pragtige seuntjie te laat gaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mel ·

Genade dis verskriklik hartseer! Ek dink ni daar is woorde om te beskryf ni!

Johan ·

Selfs Salomo sou seker hier vasgeval het. Die Britse reg bepaal dat die minderjarige kind in eie persoon sekere basiese regte het. Hierdie regte mag, met instemming en onder toesig van die hof, in uitsonderlike gevalle selfs teen die wil van sy of haar ouers bekerm word.
In die geval is dit presies wat gebeur het. In Januarie reeds het die doktors by GOSH (Great Ormond Street Hospital) in klein Charlie Gant se geval tot die besef gekom dat hy geen kans op herstel of ‘n sinvolle lewe kan hê nie en dat die masjiene wat hom in ‘n grootliks vegatatiewe staatbaan die lewe hou afgeskakel moet word.
Na sy ouers geweier het is die beste kundiges van buite se dianoses en prognose ook ingewin en GOSH het uiteindelik die hof genader om toestemming om klein Charlie toe te laat om te sterf om hom onnodige lyding te spaar.
Van hier het die hele appel proses deur die hoogste Britse howe tot en met die Europese appelhof gevol met aan die een kant die hospitaal wat op grond van die beste kennis waaroor die mediese wetenskap beskik onwrikbaar glo dat hulle aansoek in die beste belang van klein Charlie is; aan die ander kant die ouers wat nie kan aanvaar dat hy nie gehelpmkan word nie; en tussenin is Regter Francis wat hier moet besluit.
Ek het hierdie saak gevolg en glo dat sy optrede in die regsgeskiedenis sal opgaan as een van wysheid en ware Chritelike empatie

Kommentaar ·

Johan, dankie. Nou ‘n baie beter oorsig van die treurige besluitneming.

snoefie ·

sterkte aan dir ouers. mag ons Hemelse Vader gee dat die baba nie in pyn “gaan” nie.

Anton ·

Ek kan nie anders as om my meegevoel saam met die Gard familie te deel nie.
Daar is geen woorde behalwe dat vertroosting en rus wag by die Here.

Elmari ·

Sterkte aand die Gard familie. Dink aan die ouers van Charlie wat deur die pyn gaan. Die Here is elke sekonde by Julle.

Jakalas ·

Om te dink. Daai kind se lewe kon gespaar gewees het as die Britse regering nie so hardkoppig was nie. Hulle het die lewe van daai kind gekos. Sterkte vir die familie. My innige mee gevoel.

Linette ·

@Jakalas, ek weet nie hoe jy nou die skuld op die regering kan plaas vir die toestand waaraan die baba ly nie. Hy is daarmee gebore. Hoe kan die regering of die hospitaalbestuur nou skuldig wees aan sy lyding en uiteindelike dood? Ek dink die ouers is bloot uiters selfsugtig om die arme baba aan die lewe te hou deur lewensondersteunende masjiene. Daarsónder kan die kind nie vanself normaal asemhaal nie en het hy dus geen vooruitsig op ‘n normale lewe nie. Hulle moes hom al maande terug gelos het dat hy in vrede kon gaan, want sy ou lewetjie was nog net een lyding op die ander.

Was dit enkele jare gelede gelede, voor die uitvinding van lewensondersteunende masjiene nie, sou hierdie kind nie eens 24-uur, ag, nie eens tien minute oorleef het nie. Sonder suurstof kan geen lewende wese sy brein en organe funksioneer nie. Ek is uiters ten gunste van aktiewe genadedood: waarom wil jy iemand wat min of geen kans het om ‘n natuurlike, vol, aktiewe lewe te leef, kunsmatig aan die lewe hou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.