‘Oukei om wit te wees’-mosie lei tot verleentheid

Pauline Hanson, leier van Australië se verregse Een Nasie-party wat sy gestig het. Foto: Velovotee via Wikipedia

ʼn Herrie is los in Australië nadat die senaat daar baie amper ʼn mosie aanvaar het wat rassisme teen wit mense veroordeel. Dis met net 31 teen 28 stemme verslaan.

Pauline Hanson (64), leier van Australië se verregse Een Nasie-party, het die mosie voorgestel wat onder meer die woorde “dis oukei om wit te wees” bevat het. Dit het ook melding gemaak van die “betreurenswaardige toename in rassisme teen wit mense en aanvalle op die Westerse beskawing”, berig die BBC.

Haar teenstanders het dit afgemaak as nog ʼn bemarkingsfoefie deur Hanson, wat die afgelope twee jaar ʼn senator vir Queensland is nadat haar party 9% van die stemme in die federale verkiesing op hulle verenig het.

Verlede jaar het sy onder skoot gekom nadat sy ʼn boerka gedra het na ʼn senaatsitting om te wys dié bedekking wat sommige Moslemvroue dra en net hul oë sigbaar maak, onderdruk vroue.

Nietemin het 23 senatore van die regerende Liberaal-Nasionale koalisie ten gunste van die mosie gestem, onder wie Australië se eerste parlementslid van swart Afrika-herkoms, die gebore Keniaan Lucy Gichuhi.

“Mense het die reg om trots te wees op hul kulturele agtergrond, of hulle nou swart, wit of bruin is,” het Hanson Maandag voor die stemmery gesê. “As ons nie hieroor kan saamstem nie, dink ek ons kan met sekerheid sê dat teenwit-rassisme springlewendig in ons samelewing is,” berig die Britse dagblad The Guardian.

Senator Derryn Hinch van die Geregtigheidsparty was een van die senatore wat die mosie teengestaan het. Hy het Hanson daarvan beskuldig dat sy in ʼn wedloop met haar Een Nasie-kollegas is “op pad na die bodem van die rioolsloot” om te kyk “wie die grootste, luidrugtigste rassistiese dweper” kan wees.

Die frase “dis oukei om wit te wees” raak ál gewilder onder verregse groepe, berig die webwerf Quartz. Dat dit deel gemaak is van die mosie, word beskou as ʼn kopknik aan die Kanadese aktivis Lauren Southern, wat op haar besoek aan Australië vroeër vanjaar ʼn T-hemp met die omstrede frase daarop gedra het.

Maandag se mosie kom ná maande lange omstredenheid oor Australiërs se benadering tot ras, onder meer die kontroversiële spotprent van die tennisster Serena Williams, wat wêreldwyd opslae gemaak het, en aanmerkings deur ʼn verregse senator in Augustus wat gevra het vir ʼn “finale oplossing” vir immigrasie, berig CNN.

Verleë regeringsamptenare probeer intussen verduidelik hoe dit gebeur het dat 23 senatore van die regerende koalisie die mosie gesteun het. Christian Porter, prokureur-generaal, verkwalik sy personeel dat hulle sonder sy medewete ʼn e-pos uitgestuur het waarin senatore aangeraai word om die mosie te steun, berig die dagblad The Western Australian.

“Hulle het nie my insae gevra nie,” het hy Dinsdag in ’n verklaring gesê, “omdat hulle gemeen het dis ’n mosie wat rassisme teenstaan. Hulle het die verbintenis met die frase [‘dis oukei om wit te wees’] misgekyk. As hulle my genader het oor die mosie, sou ek dit beslis raakgesien het.”

Hinch sê egter regeringsenatore is al sedert September van die mosie bewus. Hy beskryf lede van die koalisie wat dit gesteun het, as “ʼn blerrie skande”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

waarheid ·

Ek is trots en baie bly dat ek wit is – ek kan ook ‘n Boer genoem word – want dan is ek nog meeeer trots!!!!

Koos de Meyer. ·

Gee maar tyd Australia se probleme lê en wag vir hulle.

Chrisjan ·

So dis nie “ok om wit te wees nie” ?
Ons weet dit lankal in SA. Dis ongelukkig nie ‘n keuse nie.

Arno ·

Ek is wit, ek is Afrikaans, ek is manlik EN getroud met n VROU…….en ek is trots op wie en wat ek is.

Nettie ·

Ek is wit, ek is Afrikaans, ek is aseksueel, ek is ongetroud, ek het nie kinders nie en ek HAAT dit as ek ‘n “boer” genoem word, want ek boer nie vir ‘n lewe nie. UNASHAMEDLY WHITE AND BORN DURING APARTHEID.

Arak ·

Ek wonder maar net oor die gonswoorde “ver regs” en rassis wat so maklik aan mense en partye toegedig word om hulle in ‘n bepaalde lig te plaas. Deesdae as jy behoudend, patrioties en lief is vir jou land en herkoms word jy maklik met die teerkwas van “ver regs” toegeverf. Enige persoon wat net ‘n fraksie meer konserwatief as ‘n totale sosialis is, word deur die HSM gemerk as “ver regs”.

Anoniem ·

Dit lyk vir my as jy Blank, Manlik, Afriaans sprekend en Anti-Kommunisties is, dan word jy beskou as vêr regs.

Heinrich ·

Manie, jou definisie is baie naby in die kol wees. Ver-regs is egter ‘n wilsbesluit en nie slegs aangebore soos jy noem nie. Jy kry mense wat blank, manlik, Afrikaans-sprekend en anti-kommunisties is, maar verskriklik apologeties daaroor is en met rasstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging probeer om daarvan ontslae te raak. Jy is verregs as jy trots is en opstaan vir die feit dat die blank, Afrikaans, manlik en anti-kommunisties is.

Theresa ·

Ag genade tog. Mens is wit, swart, bruin, geel, en watter ander kleur jou vel ookal jou toegedeel is. Dis om van naar te word hoe die mensdom besimpeld geraak het.
Dis oukei om enige velkleur te wees en ek wens die hele wêreld wil ophou om hul op hierdie goed toe te spits, in plaas van om toe te sien dat die wêreld nie vergaan in ellende deur minagting van die natuur, water en omgewingversorging nie. Roei misdaad uit en sien dat daar nie korrupsie in ‘n land is nie.

Rupert Ashford ·

Baie goed gestel Arak en ander. Pauline Hanson en kie is ver van ver-regs af. Oor Derryn Hynch se weergawe van moraliteit kan mens baie se, maar stilte is ook ‘n antwoord.

Gerhard ·

Die linkses het vastrapplek gekry waar hulle nooit moes nie. Eintlik moet redelike mense net nie opgee nie. Iewers sal die wiel draai. Soos jy se is PH nie werklike “verregs” nie. Meer iets inlyn met behoudende Anglo Australies.

MS ·

So is dit nie okay om wit te wees nie? Wat maak ons nou? Kan ons dan kies?

Jordaan ·

Blykbaar kans mens jou geslag(of “gender” soos hulle se) kies, so ook jou ras soos Sen Elizabeth Warren in die VSA wat op grond van haar 1/64 tot 1/128 Cherokee bloed kies om as “inboorling” te identifiseer. In SA kan mens op die vorm EEA1 ook kies wat jy wil wees, maar in my ervaring steur niemand hulle daaraan as jy bietjie lig van gelaat is nie.

Trots ·

Ek is en sal trots bly oor my identiteit, en niemand moet waag om my te probeer onderdruk op grond van my ras nie.

Karolis ·

Wanneer jy oor jou linkerskouer kyk en jy sien awb ouens raak, dan is jy verregs.

Blondie ·

Ek is ‘n wit middeljarige dame en ek is ongelooflik trots op my herkoms en die vêr-regse label wat deur kortsigtige liberaliste aan my toegedig word!!

Adri ·

Inderdaad, Nel. Dit is hoekom ek nie net trots is om wit te wees nie, maar ook baie, baie dankbaar vir die genade om wit te wees. Ek is sonder verdienste besonder begenadig!

Casper Labuschagne ·

Aangesien 31 stemme teen hierdie mosie gestem het en slegs 28 daarvoor, is die meerderheidsbesluit gevolglik dat dit inderdaad nie in Australië oukei is om wit te wees nie? Wys net, ek leer elke dag iets wat ek nooit sou kon dink nie.

Donderstorm ·

Mens is gebore in n sekere vel kleur jy kon nie kies nie die verlede is die verlede mens kan dit nie verander nie en wat ookal mens se kleur daar is goed en sleg in alle nassies volk en taale en onder alle volk en taale is daar rasuste

Onnie ·

MM is die ou se van nou Hinch of Finch? Ek raak deurmekaar.

Tania Heyns ·

Dagsê Onnie

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig en die van is reggestel.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Dankie Tog ·

Ek is bly ek is Geskape en nie deel van evolusie nie – daarom te meer is ek bly ek is wit.

vissie ·

Nou ja toe m.a.w. regs is reg en links beteken verkeerd en nie reg nie

Magriet Basson ·

Ek is wit en trots daarop. En dan is ek nog as pasella Afrikaans ook! En n vrou, en n boer. Beat that

humor ·

Dis OK om wit te wees is vir my OK net solank dit nie met ons so ver gedyf word nie dat ons later uit n minderwaardigheidskompleks dit se nie.

Dienkie ·

Die mense wat so teen die Blankes tevelde trek moet net een ding onthou en dit is: “Ons het nie onsself geskape nie”. Wanneer gaan hulle dit besef. En so what as ek gedurende die Apartheidsjare bevoordeel is. Ek is TROTS Afrikaans, en BLANK. Niemand het die reg om die Blanke bevolking minderwaardig te laat voel nie.

Klippie ·

Kom asb weg van onbillike en onregverdige etikettering! Ons is nou in 2018! Ek verwag dit by Naspers, Media24, BBC, CNN, New York Times ens, maar nie by Maroela Media nie. Dis waarom ek al daardie nuusbronne ontvolg het!

Alida ·

Witmense wat TEEN witmense stem. Sal dit nooit onder swartes kry nie. Kots.

Bangq ·

Ek is ook trots om Afrikaans te wees, wit te wees, Maar ek is so bang! Baie bang. Kan skaars slaap in die aande.

bella ·

Nou hoe nou? Is die witmense skaam dat hulle wit is of wil hulle net swart stemme trek? Sendelinge kry geld om die evangelie onder swart mense te verkondig maar nie v blankes nie. Blankes is uniek. Jy kry blond, bruin, rooi, swart ens hare en blou, grys, bruin, groen ens oë wat jy nie by ander volke kry nie. Is dit hoekom daar afguns en haat jeens ons is? Ons ik is ook heelwat hoër volgens toetse wat gedoen is op alle bevolkings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.