
Sjokoladelikeur-lekkernye. Foto: http://www.freeimages.com/
Die ma van ʼn 11 jaar oue seun in Duitsland het haar skoonma by die polisie gaan aankla ná sy vir haar kleinseun sjokoladelikeur-lekkernye vir Kersfees gegee het.
Dié tipe lekkernye is ʼn baie gewilde geskenk onder baie families in Duitsland oor Kersfees.
Plaaslike owerhede het Dinsdagoggend gesê die ma was “heeltemal histeries” van woede toe sy polisielede in die suidelike staat van Duitsland, Bavaria, vertel het van die geskenk wat alkohol bevat.
Die polisie het die vrou se skoonma, ʼn 67-jarige vrou, gebel en die saak gesluit ná die vrou erken het dat dit nie reg was om dit vir ʼn 11-jarige te gee nie en ʼn waarskuwing van die polisie ontvang het.
Die 11 jaar oue seun het glo ʼn stukkie van die sjokolade geproe, maar dit nie geëet nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Belaglik verby deur die ma.Sy is op dieselfde vlak as die Amerikaners wat mekaar hof toe sleep as jy te hard asemhaal.
Klink soos ‘n lang vete wat nou tot uitbarsting gekom het! Duidelik hou die ma nie van die arme ouma nie.
Weer ‘n skoonma-storie?
Ek wonder hoeveel oktaan daardie lekkers was!
Dit is nie baie mooi nie om vuil wasgoed in die openbaar te was. Sekerlik kon dit op ‘n ander manier besleg word.
Ai tog! Eet dit dan self. Kan nie sien hoekom die polisie ingeroep is nie.