Ouma se lyk in tas op treinstasie gevind

Lede van die metropolisie op die toneel by die treinstasie in Tokio, Japan Foto: Kyodo News via AP

Lede van die metropolisie op die toneel by die treinstasie in Tokio, Japan Foto: Kyodo News via AP

ʼn Werker by die Tokio-treinstasie in Japan het ʼn gru-vonds gemaak toe hy op die ontbinde liggaam van ʼn vrou in verlate bagasie afgekom het.

Die liggaam is Sondag in ʼn tas aangetref in ʼn tydelike stoorgedeelte by die treinstasie, het Japan se metropolisie gesê.

Volgens mediaberigte was die bejaarde vrou 1.4 meter lank. Die polisie probeer nog haar identiteit bepaal.

Die heldergeel tas is op 26 April in ʼn sluitkissie gelaat. Die tas is 70 x 50 x 25 cm groot, volgens plaaslike mediaberigte.

Junichi Omoto, ʼn woordvoerder vir die streekstreinvervoermaatskappy JR East, het gesê niks ongewoon is oor die tas opgemerk nie. Daar was nie ʼn onaangename reuk of enigiets nie.

Dit is gewone praktyk om verlate bagasie vir ʼn maand lank te hou om te sien of enigiemand dit opeis.

Groot treinstasies in Japan het talle sluitkissies wat reisigers tydelik kan gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.