ʼn Vrou van Kanada het haar agter-agter-agterkleinkind verwelkom.
CBC News berig Vera Sommerfeld (96) het onlangs die trotse hoof van ses generasies geword toe haar agter-agterkleinkind, Alisa Marsh (20), die lewe aan ʼn babadogtertjie, Callie Marsh, geskenk het. Alisa se ma is Amanda Cormier (39). Grace Couturier is 59 en spog nou met ʼn agterkleinkind terwyl Gwen Shaw (75) nou ʼn agter-agterkleinkind het.
Al die vroue woon in Lethbridge in Alberta en kom minstens een keer per maand bymekaar.
Volgens Sommerfeld kon nie sy nie wag vir die geboorte van klein Callie nie. “Sy is net die pragtigste dogtertjie. Ek is klaar so lief vir haar.”
Of Sommerfeld nog gaan leef om die sewende geslag te verwelkom? Sy skerts: “Jy grap seker!”
Alberta woman becomes great-great-great-grandmother https://t.co/afBS0TpPQE pic.twitter.com/Hz8vWA4GsI
— CBC Canadian News (@CBCCanada) December 2, 2016
Wow!
Dis spesiaal en wil gefoen wees. Baie geluk.
Nou waar is die manne wat al die drome waargemaak het? Ten minste die jongste 3 generasies?
Mans gaan voor vroue dood, jy weet mos. En die rede…. hulle wil :-)
En hier in Suid Afrika word ons vroue en dogters uitgemoor, sal baie van ons nooit kinders sien nie, wat nog van agterkleinkinders.
Ons is ook deel van ‘n sesde generasie wat nog leef. Ons is so geseen
Duidelik is om op 19, 20 of 21 al te begin babatjies kry iets wat hierdie gesin vier. Ai nee ah! Sies!
Wat ‘n voorreg – Geluk aan almal.