
Chloe Wiegand. (Foto: Facebook)
ʼn Man wat volgens die polisie sy kleindogter van die 11de verdieping van ʼn passasierskip na haar dood laat val het, word van strafbare manslag aangekla.
Maroela Media het in Julie vanjaar berig die 18 maande oue Chloe Wiegand is dood terwyl die passasierskip in San Juan in Puerto Rico vasgemeer was.
Chloe het saam met haar ouers, twee sibbe en grootouers aan albei haar ouers se kante op die Freedom of the Seas-passasierskip gereis toe dit ná ʼn weeklange reis in Puerto Rico vasgemeer het.
Die dogtertjie se oupa, Salvatore Anello, het haar vasgehou terwyl die familie almal naby ʼn eetsaal op die elfde verdieping van die skip bymekaar was.
Anello het Chloe glo in ʼn vensterbank laat sit. Hy het haar na bewering vasgehou toe hy gegly en sy by die venster uitgeval en op ʼn sementblad te lande gekom het.
ʼn Regter het Maandag egter beveel dat Anello in hegtenis geneem word.
ʼn Regsverteenwoordiger vir die familie het aangevoer Chloe het gevra dat haar oupa haar optel sodat sy teen ʼn venster in die kinderspeelarea kon klop. Hy het die skuld vir die voorval op die maatskappy wat die skip bedryf gepak, omdat die venster onverklaarbaar oop gelaat is.
Anello moet weer in November in die hof verskyn. Sy borgtog is op US$80 000 (sowat R1,1 miljoen) vasgestel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Kla Hom aan. Hy Moes geweet het Om kind nie in venster te sit nie
Ek dink sy emosionele straf is klaar swaar genoeg. Ongelukke gebeur
Dit is baie hartseer, en ja kon net n ongeluk gewees het.. ek kan dink dat hierdie oupa deur hel moet gaan, hy moet vir die res van sy lewe dink aan die dood van sy klein dogter en dat dit sy skuld was. RIV Chloe… en sterkte aan die ouers .
Hartseer, maar ek glo dit was net ‘n ongeluk. Die arme oupa gaan vir die res van sy lewe hiermee moet saamleef. So jammer vir hulle!