Oupa neem verkeerde kind dokter toe

Argieffoto

Argieffoto

‘n Oupa in Engeland het glo die verkeerde kind by die skool opgelaai, haar na ‘n dokter toe geneem en weer gaan aflaai, sonder dat enigiemand dit besef het.

Die sesjarige se ouers het eers besef wat gebeur het, toe hul dogter die medisyne aan hulle oorhandig het wat sy vroeër die dag ontvang het, berig The Guardian. Die kind en die oupa se name is nie bekend gemaak nie, maar Kent Online berig die dogtertjie het dieselfde naam as die man se kleinkind, en is in dieselfde graad by Napier Primary School in Kent.

Die man, in sy 70s, moes sy kleindogter na die dokter toe geneem het, en het per ongeluk die verkeerde kind opgelaai. “Dit was gelukkig net ‘n onskuldige fout deur ‘n verwarde ou man,” het die kind se ma aan Kent Online gesê. Sy sê haar dogter is maar skaam en was ook verward deur die situasie. Sy is egter ontsteld dat die skool dit nie betyds besef het nie.

Zerina Slaide, die skoolhoof, het om verskoning gevra vir die voorval en ‘n verklaring uitgereik dat die skool sal verseker dat dit nie weer gebeur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

sylvia ·

maar hoe vat die oupa n verkeerde kind weet hy dan nie hoe lyk sy klein dogter nie

Eben ·

Gie gie … klink amper of dit in Suid Aapland afgespeel het. Daar gaan die kinders terug skool toe, hier dros hulle!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.