Oupa skiet dogter, ses kleinkinders dood

Foto: Florida Departement of Corrections

Foto: Florida Departement of Corrections

ʼn Man van Florida in Amerika het Donderdag sy dogter en ses kleindogters doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.

“Die kleinkinders was tussen 2½ maande en 11 jaar oud,” het Robert Schultz, woordvoerder van die polisie in Gilchrist County, gesê.

Die oupa Don Spirit (51) het glo in ʼn telefoonoproep gedreig om homself en ander leed aan te doen.

Die agtergrond van die voorval is nie dadelik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SNEL ·

Goeiste, wat gaan met die mensdom aan? As jy jou lewe wil neem, doen dit en los die mense wat nog wil lewe en dinge geniet uit. Dis vreeslik, hoe moet die res van die familie voel om so baie lede te verloor op een slag, en as al 6 kleinkinders een pa het, hoe moet hy voel, of hoeveel pa,s se harte is nou stukkend? Maak mens sommer woedend dat iemand dink hy het die reg om te besluit of sy familie mag lewe of nie, net omdat hy gatvol vir die lewe is. Baie hartseer!!!

Theresa ·

Dankie Griet vir die link. Ai dis baie tragies. Dit is altyd so erg dat onskuldigde kindertjies moet boet vir grootmens-dinge. Maak jou make, maar los die arme kindertjies uit. Hemel hulle het nie gevra om deel te wees van al hierdie wreedheid nie.

Griet ·

Plesier. Stem 100% met jou saam. Jy moet ‘n soort monster wees om ‘n baba van 3 maande koelbloedig dood te skiet….

N Uys ·

Hou die nuus maar plaaslik , of internasionaal soos dit ons kan raak , miskien die storie agter die storie hoe Obamanation en vrinne die derde wereld oorlog wil begin . Maar wat Rodriguez in Florida doen , hou maar verby .

martie ·

Sy van se alles, Spirit, “EVIL SPIRIT” soos die bybel se, die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu en verslind alles want hy weet sy tyd is kort. Wie ookal glo!!!!! dit is nou die tyd om dag en nag te bid want dit gaan nog erger word. Dit is nognet nie begin van die smarte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.