Oupa sterf 21 uur ná ouma weens “gebroke hart”

Argieffoto

Argieffoto

George Pittman (77) is ure na sy vrou, Pat, oorlede aan ʼn aneurisme in sy bors oorlede, vermoedelik weens ʼn gebroke hart.

Pat Pittman is op 13 November by die Universiteitshospitaal in Cleveland, Ohio opgeneem nadat dokters ʼn skadu in een van haar longe opgemerk het, berig YouthHealth. George wou nie haar sy verlaat nie, alhoewel hy self baie siek was en dokters hom aangeraai het om by die James Cook-hospitaal te bly, sowat 16 km van Pat se hospitaal af. Verpleegsters het uiteindelik vir hom ʼn bed in Pat se kamer opgemaak.

Net voor Pat haar laaste asem uitgeblaas het, het George gefluister: “Maak net jou oë toe, ek kom saam met jou.”

George is 21 uur later, oorkom deur hartseer van sy vrou se afsterwe, aan die aneurisme oorlede.

Die paartjie was 55 jaar getroud. Hulle laat vyf kinders met hul eggenote, 14 kleinkinders en 10 agterkleinkinders agter.

Lees meer op YouthHealth.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says ·

Ware Liefde tot die einde. Destyds ook so iets beleef. Tante oorlede, Oom sterf by begrafnis.

P ·

Daar is n quote wat sê hulle huwelike het gehou omdat hulle in n tyd gebore was wat mens dinge regmaak wat gebreek het en nie net weggooi nie. Wens dit was teen die wet om net te skei omdat skei skei is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.