Outistiese seun (9) kry spyker in die kop in boelie-aanval

Foto: Dailymail.co.uk.

WAARSKUWING: Die inhoud en foto’s van die berig is grafies van aard en mag sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Romeo Smith, ʼn negejarige outistiese seun, is met ʼn spyker in sy kop agtergelaat nadat ʼn groep boelies hom aangeval het terwyl hy op pad was huis toe. Dit is onbekend presies wanneer die voorval plaasgevind het.

Dailymail.uk berig die kind van Mansfield in Nottinghamshire in Brittanje het saam met sy ma, Natasha (30), en drie ander kinders huis toe geloop toe die voorval plaasgevind het. Natasha het gesê dat Romeo gewoonlik ʼn entjie agter haar loop omdat hy daarvan hou om na goed te kyk. Daarom was dit nie vir haar vreemd nie.

ʼn Groepie boelies het hom genader en hom lelike goed begin toesnou en stokke na sy kant toe geswaai toe hy in ʼn boom geklim het om van hulle te probeer wegkom.

Natasha het besef Romeo is nie meer agter haar nie en het onmiddellik vir Craig, sy pa, gestuur om na hom te gaan soek. Sy pa het hom in die boom aangetref. Terwyl hy en sy pa huis toe loop, is Romeo met ʼn houtplank met spyker daarin gegooi. Die spyker het in sy agterkop vasgeslaan en daar bly sit. Sy pa het hom huis toe gedra waarna hy na die Manfield King’s Mill-hospitaal geneem is vir mediese behandeling.

“Romeo was so dapper. Hy is baie gelukkig, dit kon baie erger gewees het,” het Natasha later gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hemel ·

Hemele behoede my ek sal hulle ‘n helse pakslae gee van hulle lewe en dan kan hul ouers maak wat hulle wil… maar n saak sal ek ook maak teen hulle!!!

Elize C ·

Stem 100% saam Hemel. Die arrogantheid van die boelies om die kind met ‘n plank te gooi terwyl sy pa langs hom loop, is verstommend!

Disiplinne loos ·

Dit is die gevolg van kinders wat sonder disiplinne grootword en suid afrika is kort op hulle hakke …hartseer

Sad but true ·

Ek stem. Dis die hele mensdom. Die eind tye moet naby wees want as hierdie dinge my so kwaad en seer maak kan ek net dink hie ons arme Here suffer want Hy sien meer. Al wat ek kan se is Here help ons…

Toy ·

Weet jy ek word woedend as ek so iets sien. Dit voel my bloed kook. Boelie daar is n groot probleem by jou wat aangespreek moet word!!!!

dovaz ·

Alle autiste is a target vir boelies!!! Ons kleinseun (5)is ook autisties en ons weet hoe dit is met die ongeskikte boelies! Leer om homself te verdedig teen boelies!! Die ma moes dit seker geweet het? Hoe kon die ma nie agterkom dat die kind nie meer agter haar is nie? Hkm het syself nie omgedraai en haar kind gaan soek nie? Jy laat a autisiese kind nooit uit die oog nie!
You are a brave boy Romeo!! Hope you get better soon! Good luck!!

vytjie ·

Nee Hemel. Hulle sal teen my ‘n saak maak. EK raak uit my Meriete so BOOS raak ek oor hierdie soort van goed.

Marieke ·

Die feit van die saak is baie mense beskerm nie meer hulle kinders nie dit is hoekom hulle boelies word en geboelie word. Ouers wil nie meer die tyd vat om hulle kinders groot te maak nie hulle dink die wered gaan. Dit is hoekom sy hom agter gelaat het en die boelie se ouers is die rede dat hy n boelie is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.