Outopsie verskaf leidrade 3 600 jaar ná moord

Dele van die dodekleed van prinses Ahmose met Seqenenre Tao se naam op (Museo Egizio) (Foto: Kurohito – Eie werk via Wikimedia Commons)

ʼn Hoëtegnologie-studie het nuwe leidrade verskaf in die moord op ʼn farao wat meer as 3 000 jaar gelede oor Egipte regeer het, het die ministerie van oudhede Woensdag gesê.

Seqenenre Tao II, “die dappere”, het sowat 1 600 voor Christus oor suidelike Egipte regeer. Hy staan bekend daarvoor dat hy Egiptiese soldate gelei het teen die Hyksos, ʼn dinastie van Wes-Afrika wat die Nyldelta oorgeneem het.

Seqenenre se liggaam is in die 1960’s deur X-strale ondersoek en kopwonde is ontdek wat deur balseming versteek is en teorieë het ontstaan dat hy moontlik in ʼn stryd gesterf het of tydens ʼn sluipmoord in die paleis.

Ná CT-skandeerbeelde en 3D-foto’s, het argeoloog Zahi Hawass en Sahar Salim, professor in radiologie van die Universiteit van Kaïro, bepaal dat hy tydens ʼn “teregstelling-seremonie” dood is toe hy op die slagveld gevange geneem is.

Die CT-skandeerbeelde “onthul besonderhede van die kopwonde, insluitend beserings wat nie in vorige ondersoeke gesien kon word nie en vaardig deur balseming versteek is”, het die ministerie van oudhede in ʼn verklaring gesê.

Die navorsers het daarna beserings bestudeer van verskeie Hyksos-wapens wat by die Egiptiese Museum in Kaïro gestoor word, insluitend ʼn byl, ʼn spies en verskeie dolke.

Die mummie se “vervormde hande” wys dat Seqenenre moontlik op die slagveld gevange geneem is en sy hande is agter sy rug vasgebind. Hy kon homself dus nie teen die aanval verdedig nie.

Die studie, wat in Frontiers of Medicine gepubliseer is, onthul ook beenskanderings wat wys dat die farao ongeveer 40 jaar oud was tot hy gesterf het. Navorsers het dekades lank gesukkel om die afsterwe van Seqenenre te ontsyfer. Sy liggaam is laat in die 19de eeu gevind en hy het sigbare wonde aan sy gesig gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Veronika ·

WOW, ek love dit om oor hierdie goed te lees! Dankie Maroela!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.