Owens blaas fluitjie ten bate van jong breinvliesontsteking-lyertjie

Die sewejarige Luke Motimer is ‘n kranige rugbyondersteuner.

Een van rugby se voorste skeidsregters, Wallis se Nigel Owens, se fluitjie is nie net gereed om in belangrike internasionale kragmetings soos Engeland en Nieu-Seeland se epiese halfeindstryd in die afgelope Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan te blaas nie, maar ook in wedstryde tot voordeel van plaaslike liefdadigheid.

Die 48-jarige Owens het op sosiale media ingestem om deel van die aksie te wees in ’n wedstryd ten bate van die sewejarige Luke Mortimer.

Mortimer het verlede Desember breinvliesontsteking opgedoen en hoewel hy die gevaarlike virus oorwin het, het die operasies hul tol geëis. Albei sy hande en sy bene (net onder die knieë) is geamputeer.

Hy was ’n geesdriftige rugbyondersteuner en die plaaslike rugbygemeenskap het ’n liefdadigheidswedstryd ten bate van hom gereël om met sy mediese koste te help.

Owens het dadelik ingestem om deel te neem. (Foto: Twitter)

Volgens Brian Brocksom, sy afrigter by Skipton RFC, is Luke ’n parmantige spelertjie wat altyd geglimlag het.

Nou het Yorkshire Dales Bushcraft vir Owens op Twitter gevra hoeveel dit sal kos as hy aan die stuur van die wedstryd sal wees.

“Daar sal absoluut geen koste aan verbonde wees om as skeidsregter ten bate van die jong man op te tree nie. Dit sal vir my ’n eer wees,” het die vrolike Owens onmiddellik geantwoord.

  • Die wedstryd vind op 29 Februarie in Skipton plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Stopdielorrie ·

Ek het nog altyd van hom gehou as skeidsregter, nou as mens ook. Respek…

Kokkie ·

Wonderlik! Goeie handelinge in vandag se baie siek wêreld❤️

Mieke ·

Die arme kind!
Hoe leer jy om weer “mens” te word nadat albeit jou handjes en beentjes af gesit word???
My gebede is met hom en sy familie.

hartseer ·

my trane is naby as ek die berig lees, 7 jaar oud wat sonder noodsaaklike ledemate moet grootword
sterkte seun, mag die Here jou dra met jou omstandighede
dankie fluitjie blasers – owens en ander

magda ·

Trane so naby – Baie dankie en Baie sterkte aan die jong man. GOD IS GROOT> AMEN

Julie Jansen van Rensburg ·

Watter groothartige en wonderlike gebaar! Wat ‘n jammerte dat daar nie méér mense met soveel deernis in hierdie wêreld van selfsug, onmenslikheid, misdaad tevinde is nie; dat die man soveel vir ‘n kind oor het dat hy gewillig is om as “VRIEND” vir die outjie op te tree. Dankie, Nigel Owens – die wêreldhet meer omgee-mense soos jy nodig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.