Pa aangekla ná tweeling in motor sterf

Foto: Skermskoot/CBS News-video

ʼn Pa van New York word van strafbare manslag aangekla in verband met die dood van sy eenjarige tweeling nadat hulle vir ure in ʼn motor gelos is.

Juan Rodriquez (39) het Saterdag in trane onskuldig gepleit op die aanklagte voor hy op borgtog van $100 000 vrygelaat is. Hy moet weer op 1 Augustus in die hof verskyn.

Rodriquez het aan polisiebeamptes gesê hy het gedink hy het die tweeling, ʼn seuntjie en ʼn dogtertjie, Vrydag by dagsorg afgelaai voor hy na sy werkplek is.

Hy het sy agtuurskof gewerk, terug in sy motor geklim en begin ry toe hy besef sy kinders is nog in die motor en histeries hulp ontbied het.

Die tweeling, Phoenix en Luna, is op die toneel dood verklaar. “Ek het net heeltemal uitgesny. My babas is dood. Ek het my babas doodgemaak,” het Rodriquez aan polisiebeamptes gesê.

“Dít is ʼn tragedie van gruwelike afmetings,” het Joey Jackson, Rodriquez se regsverteenwoordiger, aan The Post gesê.

Volgens berigte sterf sowat 39 kinders jaarliks in die VSA in warm motors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Sarel ·

Ja wat gooi maar die oordeel soos klippe uit . Wees dankbaar dit kom sal met een van julle gebeur het. Ek aanvaar dit as ongeluk hy het nie sy kinders dood geslaan soos wat in SA gebeur nie

Charlie ·

Sjoe,dit klink belaglik maar is nie ontmoontlik nie,dis vreeslik hartseer!

Luister ·

Vreeslik tragies! Dink aan planne om hierdie tragedies te voorkom. Bv. Plaas die sak met die kind se benodigdhede op die passasiersitplek, en nie agter by die kind nie. Ook, iemand van die dagsorg behoort die ouers te bel en vra hoekom die kind nie in gebring is nie.

Ai tog ·

Ek kry die pa so jammer! Ek kan myself I dink hoe maklik gebeur so ongeluk. Hy was seker doodmoeg en hulle het tydens die rit aan die slaap geraak. Hulle was dus stil. Mens doen soms stupid goed. Wie het nie al per ongeluk hulle kinders by die skool vergeet nie? Dink die is basies dieselfde. Die arme pa!

Piet Snot ·

Jy’s 100% reg. Dit kon met enigeen gebeur.
Wees net dankbaar dit was nie jy nie.

Belbe ·

So jammer vir julle verlies, ‘n mens raak soms so besig in ons gejaagde lewe en dan gebeur sulke goed, ek het al oor ‘n rooi lig gery sonder om dit te besef… dit kon ‘n baie slegte uitkoms gehad het.

Essie ·

As jy uitklim uit jou motor gaan jy sien daar is nog iets op die agtersitplek so nee hy het met n plan gewerk

Rina ·

Ek glo nie hierdie man nie. Onmoontlik om nie bewus te kon wees van tweeeeeee kinders in die voertuig nie. Skuus maar arme kinders. Het die dagsorg nie gebel om uit te vind waar is kids nie.

Liefie ·

Jy gooi darem maklik klippe! Toevallig is dit baie moontlik. Ek is self n ma van drie kinders en dit het al met my gebeur dat ek halfpad op pad werk toe eers besef het my poplap is nog by my want sy het tjoepstil agter in die kar gesit. Moenie so vinnig oordeel nie tensy jy n absolute wonderwerk is.

Sê maar net ·

Hier waar ek bly, bel die dagsorg nie as kinders nie opdaag nie. En die pa was seker maar in gedagte, kinders het dalk aan due slaap geraak. Dalk was dit nie sy daaglikse roetine om die kinders skool toe te vat nie. Ons moenie oordeel voor mens nie weet wat gebeur het nie. Ek dink die pa het reeds straf genoeg met die wete dat dit sy skuld is dat hy die oorsaak is dat sy kinders dood is. Dit is die ergste straf ooit. Sterkte aan die pa en sy familie. Ons bid vir julle.

Ella ·

Dis verskriklik. Nou verstaan ek hoekom geleerdes sê mens moet “bewustelik” of “in die oomblik”lewe. Hoeveel van ons het al bly ons bestemming aangekom en gewonder hoe het jy daar gekom?
Aan ander goed gedink terwyl ons bestuur en nie aandag aan omgewing en pad gegee.
My hart is seer vir die arme man

Dorie ·

Presies so, daar was n paar jaar terug ook so n geval waar n pa die baba indi kar “vergeet” het. Soiets is baie moontlik., om totaal en al te vergeet.

Leana ·

Wat ook al die omstandighede rondom die tweeling se dood is, dit bly die ERGSTE erg waardeur enige ouer kan gaan. My innigste simpatie met daardie gesin

$ ·

Dit het so ´n paar jaar gelede met ´n man in Suid-Afrika ook gebeur; hy het nie gewoonlik sy kind afgelaai nie en die kleintjie het aan die slaap geraak, was dus tjoepstil. Hy het eenvoudig vergeet die kind is by hom in die kar en het ook gaan werk, as ek reg onthou, by ´n universiteit. Kindjie was ook dood toe hy terugkom. Ek dink nie enigeen van ons kan ons die pyn en selfverwyt van so ´n ouer indink nie – en dan sal daar nog verwyt van die huweliksmaat ook wees. Bid vir hom en die mamma.

Mariaan ·

Arme kindertjies…en mamma…hoe verwerk mens dit???? My huwelik sal verby wees…sal net nooit kan vrede maak met sp iets nie….

W ·

My hart gaan uit vir die pa. Ek glo hom..ek het ook as amper so iets oorgekom.

Skerpioen ·

Ek is ook n ma… ook dood dood moeg die meeste kere. My kinders is tussen 18jaar en 4 jaar oud. Nog nooit het so iets met my gebeur nie. Ek moes heelwat dae gaan werk waarvan ek slegs 2ure slaap due nag gehad het. Maar dan kry n mens seker ouers wat oop oë deur die lewe gaan en part ouers wat maar net moegheid as n verskoning gebruik. Ek lees hierbo van klippe gooi. Ek gooi nie klippe nie maar dankie Vader dat Hy my help om oop oë deur die lewe te gaan.

JC ·

Dis ongelukkig nie die eerste keer wat ek hoor van so ‘n geval nie. Dit gebeur baie meer gereeld as wat ‘n mens dink…

Dina ·

Die arme arme pa. Wat gaan die vreeslike boete aan die saak verander. Hy moet vir die res van sy lewe met die selfverwyt saamleef wat klaar meer as genoeg straf is. n Gruwelike oordeelsfout, dis wat dit is.

anoniem ·

geen verskonings nie sluit hom toe hoe vergeet jy jou kinders in die kar? hoop hulle vergeet jou in die tronk

Johann ·

Met so opmerking is dit geen wonder jy gee nie jou naam nie. Die pa moet vir die res van sy lewe met die verwyt lewe en dis erger as tronkstraf.

gatiep ·

Anoniem pasop endag is eendag dan doen jy so groot vout in jou lewe.
Somtyds spring iets wat jy vir ander mense toewens op jou.

Sandy ·

Ja ek kry die pa ook jammer. Dit het mos al hier in Suid Afrika ook gebeur met ‘n professor wat sy kind in die kar gelos het. Heel per ongeluk ook. Ek dink die feit dat dit met mens gebeur en dit was nie aspris nie, is straf genoeg vir enige mens.

Louise ·

Kan myself nie indink wat die pa moet deurgaan. Geen straf, tronkstraf, enige iets kan erger wees as daai selfverwyt!

Christa ·

Slegter as slegte pa. Hoe Kan jy jou Kinders Vergeet. Dan het Hy die hele pad ooknie van hulle notisie geneem nie.

Leslie ·

Wel my man het op ń keer ons seuns by kleuterskool vergeet. Dit was werklik nie moedswillig nie. Ek glo hierdie man. Hy was dalk baie uitgeput van hitte. Klink hul temperature daar is hoog!

Daan ·

By hartseer verby. Kan iemand dalk ‘n app of toestel vervaardig wat jou waarsku dat die kind nog in die kar is. Ek open source die idee sodat lewens gered kan word. Een meer sterfte is te veel

Besorgd ·

Die pa gaan vir die res van sy lewe hiermee moet saamleef. Maar regtig om te sê “ek het vergeet my kinders is in die kar” klink net nie na ‘n geloofwaardige storie nie.

Cherokee ·

Jy is heeltemal reg maar kyk of jy enige ander rede kan uitdink. Daar is geen alternatief daarvoor nie.

Elize ·

Daar is geen manier dat enige van die familie ( wat nog die ouers) ooit hieroor sal kom nie. Nie al die sielkundiges, beraders of psigiaters in die wereld sal hulle hierdeur kan help nie… Dis ondenkbaar hartseer

Ann ·

Ek het simpatie met die pappa. Soos iemand hierbo gesê het, was dit dalk nie sy normale roetine om die kindertjies na die dagsorg toe te neem nie. En ja, eenjarige kinders sal mos nou stiller wees as die roetine verander, selfs aan die slaap raak terwyl pappa bestuur. Sulke goed gebeur, mense! Niemand is perfek nie! Ekself het dan een keer vergeet om my kind by die skool te gaan haal, bloot omdat die skool baie vroeër uitgekom het. En dis veranderde roetine. Gelukkig het my sus hom gesien en my dadelik gebel. Ek het só sleg gevoel daaroor!!!
So julle wat so vinnig oordeel … pasop. Ek wens so iets vir niemand toe nie!

Lientjie ·

Enige persoon kan so n fout maak. My hart gaan uit na die ouers. Die pappa gaan lewenslank met dit moet saamleef. As hy opreg en eerlik is mag hy genade ontvang.

Johnny ·

Nee wat daar is geen manier hoe jy twee kinders inlaai om dagsorg toe te vat en jy vergeet van hul nie ..jammer mar sy storie klop nie …en nee ek oordeel nie dit klink net nie reg vir my nie ..
Groete ..

Mattewis ·

Wat ‘n tragedie vir beide die tweeling se ouers! Innige simpatie. Dit kan met enigeen gebeur, selfs met Christa en “Anoniem” al het ons anderes nog julle twee se vlak van volmaaktheid bereik nie. Skaam julle!

lolla ·

ek verwyt nie…maar is ek die enigste wat agter in die motor kyk of alles ok is voor ek wegbeweeg van die motor?… en as ek sluit… dis nie of die kinders in die kattebak is nie….

Nettie ·

@lolla – ek stem; mens kýk darem mos of jou motor gesluit is en of jy nie (dalkies) ‘n pakkie of iets anders (soos jou kinders!) in die motor gelos het, voor jy wegloop van jou kar af! Nie dat ek dink hierdie pa het ‘n duistere motief gehad om sy kinders se dood te veroorsaak nie, maar sowaar: hoe VERGEET mens dat jy twee klein kindertjies by jou in die voertuig het???

Blommie ·

Wat ‘n aaklige tragedie. Daardie pa gaan homself vir so lank hy leef verwyt.

SKOKKEND !!!! ·

dis verskriklik!!! ek het geen woorde nie. ek het net nog nooit my kinders op enige wyse vergeet nie. alhoewel ek die man bitter jammer kry.

AH ·

Dit is verskriklik tragies en my hart bloei vir die Ouers, veral die Pa. Ek het dit gister aan my Kinders (nou al volwassenes) genoem dat ek wonder hoe ‘n mens jou kinders in ‘n kar kan vergeet toe hulle my daaraan herinner het dat ek hulle eendag amper saam met my werk toe geneem het. Daar was daardie dag honderde dinge waaraan ek gedink het en ek het op “auto pilot” werk toe gery toe een van hulle my gevra het hoekom ek hulle nie skool toe neem nie. Teen daardie tyd was ek al 10 kilometer uit die dorp uit met hulle nogsteeds in die kar! So, ek sal nooit kan klippe gooi oor iets wat enigiemand kan oorkom nie.

ZeldA ·

En niemand stap verby die kar vir agt ure nie? Dalk was die vensters getint

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.