ʼn Pa van New York word van strafbare manslag aangekla in verband met die dood van sy eenjarige tweeling nadat hulle vir ure in ʼn motor gelos is.
Juan Rodriquez (39) het Saterdag in trane onskuldig gepleit op die aanklagte voor hy op borgtog van $100 000 vrygelaat is. Hy moet weer op 1 Augustus in die hof verskyn.
Rodriquez het aan polisiebeamptes gesê hy het gedink hy het die tweeling, ʼn seuntjie en ʼn dogtertjie, Vrydag by dagsorg afgelaai voor hy na sy werkplek is.
Hy het sy agtuurskof gewerk, terug in sy motor geklim en begin ry toe hy besef sy kinders is nog in die motor en histeries hulp ontbied het.
Die tweeling, Phoenix en Luna, is op die toneel dood verklaar. “Ek het net heeltemal uitgesny. My babas is dood. Ek het my babas doodgemaak,” het Rodriquez aan polisiebeamptes gesê.
“Dít is ʼn tragedie van gruwelike afmetings,” het Joey Jackson, Rodriquez se regsverteenwoordiger, aan The Post gesê.
Volgens berigte sterf sowat 39 kinders jaarliks in die VSA in warm motors.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
42 Kommentare
O my genade!!! Nie woorde nie…
Ja wat gooi maar die oordeel soos klippe uit . Wees dankbaar dit kom sal met een van julle gebeur het. Ek aanvaar dit as ongeluk hy het nie sy kinders dood geslaan soos wat in SA gebeur nie
Ek kry die pa so jammer! Ek kan myself I dink hoe maklik gebeur so ongeluk. Hy was seker doodmoeg en hulle het tydens die rit aan die slaap geraak. Hulle was dus stil. Mens doen soms stupid goed. Wie het nie al per ongeluk hulle kinders by die skool vergeet nie? Dink die is basies dieselfde. Die arme pa!
So jammer vir julle verlies, ‘n mens raak soms so besig in ons gejaagde lewe en dan gebeur sulke goed, ek het al oor ‘n rooi lig gery sonder om dit te besef… dit kon ‘n baie slegte uitkoms gehad het.
Ek glo nie hierdie man nie. Onmoontlik om nie bewus te kon wees van tweeeeeee kinders in die voertuig nie. Skuus maar arme kinders. Het die dagsorg nie gebel om uit te vind waar is kids nie.