Pa, broer sterf toe polisieman se lyk ontplof

Bagdad. Foto: Wikipedia

Bagdad. Foto: Wikipedia

Naasbestaandes van ʼn ontvoerde polisiebeampte van Irak het Donderdag op sy liggaam afgekom, maar kort daarna gesterf toe ʼn bom, wat aan sy liggaam vasgemaak was, ontplof het.

Die beampte is die vorige dag in ʼn dorp naby Sharqat, noordwes van Bagdad, ontvoer.  Die beampte se ander broer is ook in die ontploffing beseer.

AFP berig Irakese militante maak meestal van voertuigbomme gebruik of begrawe bomme in of naby paaie tydens aanvalle. Militante maak egter selde gebruik van springstoflokvalle op mense se liggame of op diere soos donkies.

Volgens beamptes is nog twee mense Donderdag dood toe ʼn voertuig in die noorde van Bagdad ontplof het. Agt mense is tydens die ontploffing beseer.

Dié voorvalle volg terwyl beamptes besig is om die uitslag van Irak se verkiesing, wat op 30 April gehou is, te bepaal.

Volgens AFP blameer die regering buite-faktore soos die burgeroorlog in die naburige Sirië vir die toename in geweld, maar analiste en diplomate skryf dit toe aan ʼn minderheidsgroep Sunni Arab, wat na bewering sleg behandel word deur die Shiite-beheerde regering. Meer as 3 100 mense het reeds vanjaar in dié gebied weens geweld omgekom. – SAPA-AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.