Pa byt krokodil om seun te red

Argieffoto (Foto: Miniformat65, Pixabay)

ʼn Pa het sy seun se lewe gered toe hy ʼn krokodil aan die been gebyt het totdat die reptiel sy seun laat los het.

Die voorval het in Balabac, Palawan in die Filippyne plaasgevind.

Volgens die Daily Mail het die 12-jarige seun saam met sy jonger boetie in ʼn rivier naby hul huis geswem toe die krokodil hom gegryp en onder die water ingetrek het. Die pa, Tejada Abulhasan, het sy seun se krete om hulp gehoor en met ʼn stuk plank by die toneel opgedaag. Hy het die krokodil ʼn paar keer met die plank geslaan, maar die krokodil wou nie Diego laat los nie.

Uit desperaatheid het Tejada die krokodil beetgekry en sy been ʼn paar keer gebyt. Die reptiel het Diego laat los en in die water weggeswem.

Diego is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling en is twee dae later reeds ontslaan.

“Daar was soveel adrenalien in my lyf, ek het nie tyd gehad om daaroor te dink nie. Ek het die krokodil geslaan, maar hy wou nie laat los nie. Ek het met hom begin stoei en ons het mekaar in die oë gekyk,” het Tejada gesê, aldus die Daily Mail. “Ek het toe die idee gekry om hom te byt. Ek het sy been gegryp en so hard as wat ek kon gebyt, net soos ʼn Rottweiler.”

Socrates Faltado, woordvoerder vir die streekspolisie, het die voorval bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Leser ·

Shame, dit moes skrikwekkend gewees het! Maar dit is ‘n kostelike storie nietemin. Vatso jou nare krokodil!!

humor ·

Daar is geen fout met die man se tande nie. Dis die regte benadering, gee hom sy eie medisyne.

ChrisE ·

Is die krokodil “ok”? Wonder wanneer die groenes die ou in die hande gaan kry..

Judge Dredd ·

Ja die arme ou krokodilletjie het mos maar net gedoen wat hulle doen en die seun het op die krokodil se habitat oortree.

Tandmuis ·

Die krokkedil was byte beheer, maar die pa se durf het hom koue rillings gegee. Die knaag aan die been het hom ‘n filipenpyn gegee. Toe sê hy maar “Chow, see you later alligator” waarop hulle geantwoord het met, “In a while crocodile”.

Cherokee ·

Die krokodil mag ‘byte’ beheer gewees het maar die pa se byte het hom beheer.

Gesiggie ·

Baie dapper van jou… well done… dit moes baie erg gewees het” om so n harde stuk vleis te byt”’ bly jy kon jou seun se lewe red…

Johnnie ·

Wys jou maar net wat n pa vir sy kind sal doen, selfs sy eie lewe op die spel plaas. Ek is bly die kind en die pa het dit oorleef dit kon erger gewees het.

Hennie ·

Het al gehoor van kinders wat honde byt “give that man a crocky”

SOrry ·

Hallo – daar is ‘n spelfoutjie : “in die oë geky” i.p.v. in die oë gekyk.

Anja van der Merwe ·

Dagsê SOrry

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit moet inderdaad “in die oë gekyk” wees. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Anja nms Maroela Media

KarinB ·

SOrry, dit was ‘n tikfout, nie ‘n spelfout nie. Daar is ‘n verskil tussen die twee. Maar ek is bly jy kyk ook fyn, nes ek, baie lesers se spelling en slordige getik is ‘n irritasie!

Zumie ·

Vir goeie joernalistieke balans sou ek graag die krok se kant wou hoor…….

LD ·

Is net ek wat so redineer – as ek weet daar is krokodille sal ek mos nie toelaat dat my kind/ers in die rivier gaan swem nie….. Ek vat geheel en al nie die krokodil se kant nie, ek sê maar net party ouers is maar bietjie nalatig wat sulke dinge betref en dit gebeur baie in ander lande. Soos die klomp bo in afrika wat hulle wasgoed in die rivier was, terwyl hulle weet daar is krokodille – dan kom die krokodil en gryp een dan wil die gemeenskap op ñ “killing spree” gaan en al wat ñ krokodil is, dood maak! ? en nee eks geen fan van ñ krokodil nie, als behalwe – ek het net common sense ?

Wonder ·

En die klomp weet seker nie daar is krokodille in daai rivier nie? En hulle woon daar? Really, ek ‘byt’ maar swaar aan hierdie storie, nevvermaaind sluk. Hoekom sal hulle in any way die polisie loop en vertel die pa het n krokodil gebyt

Ja neh.... ·

Kyk dit is nou pay back time. Dit het beslis n smile op my gesig gesit. Dalk nie n slegte idee om ons kake se spiere te oefen nie.

Isak ·

Nou weet ons ook wat on met krokkies te doen. Krokkies loop lig die mens Gaan terug byt. Wees gewaarsku.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.