Pa dagvaar skool ná onnie kind se hare sny

Jimmy Hoffmeyer het opgemerk dat daar ʼn hap uit die een kant van Jurnee se dik en welige hare gesny is (Foto: WikiBious, Twitter)

’n Pa van Michigan in die VSA eis $ 1 miljoen (R14,6 miljoen) as skadevergoeding nadat ʼn onderwyser sonder toestemming sy sewejarige dogter se hare gesny het.

Jimmy Hoffmeyer beplan ʼn groot hofgeding teen Ganiard Elementary School in Mount Pleasant, Michigan.

Detroit Free Press berig Hoffmeyer se dogter, Jurnee, het een middag in Maart ná skool by die huis aangekom met hap wat uit die een kant van sy dogter se dik, welige bos hare gesny is. Jurnee het vir haar pa gesê dat een van haar klasmaats in die bus haar hare met ʼn skêr gesny het.

Hoffmeyer het ’n klag by die skoolhoof ingedien en Jurnee se hare is by ʼn salon gestileer om die verskillende lengtes van haar hare minder sigbaar te maak.

Hoffmeyer vertel toe sy dogter twee dae later by die huis aankom, is die anderkant van haar hare óók gesny. Hoffmeyer was vies omdat hy gedink het dat dit weer ʼn klasmaat was wat haar hare gesny het. Toe Jurnee haar pa vertel dat die onderwyser haar hare gesny het om die twee kante gelyk te maak, was hy woedend.

BBC en SkyNews berig Jimmy Hoffmeyer gaan nou die skool en onderwyser dagvaar op aanklag van aanranding. Hy het ook nou sy dogter uit die skool gehaal.

Die betrokke onderwyser is oor die voorval aangespreek, maar nie geskors nie. Twee ander werknemers wat van die voorval geweet het, maar dit nie aangemeld nie, het formeel om verskoning gevra.

Volgens die dagvaarding beskuldig dié woedende pa die betrokke partye ook van rassediskriminasie, etniese intimidasie en dat hulle onnodige emosionele stres vir sy dogter veroorsaak het. Hy beweer sy dogter, wat van gemengde ras is, se grondwetlike regte is geskend.

Die pa lê ook klem daarop dat die kind en onderwyser wat sy dogter se hare gesny het, wit is. In die dagvaarding beweer Hoffmeyer ook dat die skool versuim het om sy werknemers behoorlik op te lei, te monitor en te dissiplineer.

Die skool se beheerliggaam het egter ʼn onafhanklike ondersoek gelas en geen rassevooroordeel gevind nie. Die ondersoek het wel bevind dat die onderwyser die skoolbeleid oortree het, toe sy Jurnee se hare gesny het.

Die beheerliggaam meen verder Hoffmeyer se bewerings is ongegrond en sal hul standpunt in die hof verdedig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Windhond ·

Nou toe nou, nie geweet daar is ook Hoffmeyers in VSA nie

Natasha67 ·

Ek sal nie ‘n hofsaak maak nie, maar niemand sny my kind se hare nie, behalwe as ek so besluit. Dis mos belaglik dat die onderwyseres dink dis reg om dit “gelyk” te sny!

Alex ·

Rasse haat altyd in die prentjie sit. Dis net hare wat sonder toestemming gesny was……

Karen ·

Wens ek nou half ‘n onnie wil my kind se hare sny….. $1miljoen nogal……
ek maak nie af dit die onderwyser reg gedoen het nie, dit was absoluut verkeerd, maar cancel culture much..?

Keelvol ·

Hare sny en jy wil die skool vir n miljoen dagvaar. Ag asseblief.

Filistyn ·

“n Oppertunis wat “n geleentheid sien om rasse haat aan te blaas en boonop geld te maak met die idee..

Hasie ·

Daardie “onderwysers” is daar om die kinders te leer en nie te probeer haarkapery te oefen nie. Die pa is dalk bietjie oordrewe , sy woede is verstaanbaar.

Zandra ·

Daar was tien teen een n koek in daai hare om mee te begin

Mary Charlotte ·

Wat ‘n klomp bollie !!! Wonder wat sou hulle doen as die maatjies ” haarkapper haarkapper” gespeel het, soos kinders maar doen, dié se ouers dagvaar?

Pablo ·

Maar die ouers doen self niks om die kind se bos hare teg te maak nie. Die onderwyser is nou die skuldige. Soek net geld. Wat n skewe wereld.

Jr ·

Die van en rassisme sê duidelik vir my van watse plek die klagtes geleer is.

Onnie ·

Ek dink die dogtertjie het pragtige hare – gaan kyk maar na menige modelle en sterre. Ek sou ook die josie in wees as iemand sonder toestemming my kind se hare sny – veral so leklik! Tog glo ek nie die misstap is $1 000 000 werd nie. Die rassekaart ook nie.

Belinda ·

Die mense in die VSA hardloop maklik hof toe vir iets.
Dis hoekom die land is soos hy is want as jy nie gelukkig is nie, gaan jy hof toe en dit word uitgesorteer. Dis nie te se almal wen hul sake nie, maar dit hou mense op hul tone, ek stem nou nie saam met die bedrag geld wat geeis word nie want dis bietjie baie vir hare wat net weer kan terug groei. Eerder dit en die land bly ordelik as wat niemand eers worry oor die wet en maak soos hul wil en vry loop op die einde van die dag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.