Pa martel, vermoor dogter se ‘verkragter’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Indië wat sy dogter se vermeende verkragter gemartel en vermoor het, word as ʼn held beskou in ʼn saak wat skokgolwe deur die land gestuur het.

Die BBC berig die 36-jarige pa van Delhi het Vrydag ʼn familievriend wat ʼn kamer by die gesin gehuur het, gemartel en vermoor. Die pa van ses het glo aan die polisie gesê hy het die 45-jarige huurder vasgebind en sy mond toegestop voor hy ʼn staal-eierspaan warm gemaak en die man se geslagsdele daarmee gebrand het.

Volgens die berig het die pa homself aan die polisie oorgegee. Die pa, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, glo dat die huurder sy 13-jarige dogter verkrag het. Die meisie het aan haar pa vertel dat die huurder haar hande vasgebind en haar verkrag het. Hy het haar glo met die dood gedreig indien sy iemand sou vertel. Die meisie het onlangs erg begin braak en haar pa het haar na ʼn hospitaal geneem waar daar vasgestel is dat sy swanger is.

Verkragting is sedert 2012 onder die soeklig in Indië na ʼn voorval waar ʼn 23-jarige student wreed op ʼn bus verkrag is. Sy het aan haar beserings beswyk.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Elizabeth ·

Ek is gewoonlik teen geweld a s’n opsie maar ek neem in die geval die pa GLAD nie kwalik en ek sou waarskynlik presies dieselfde gedoen het as ek in sy skoene was! Ek sou dit dalk nie kon regkry om hom te vermoor nie, maar ek sou hom BITTER seer gemaak het. Daar waar dit bitter seer maak…

CAV ·

My seun, dogter en vrou is my kosbaarste besittings. Ek glo ek sou dieselfde gedoen het as so iets met een van hulle gebeur.

alet ·

Gee net n toestemming daarvoor in hierdie land dan sal die begrafnis mense moet bond staan

chantal ·

So n pa kort n bells!Ek sou dieselfde doen…di man het ni di dogter se inag geneem tu hy har verkrag het ni…hukom moet hy in ag geneem word…well done!

martie ·

As iets jou pla sny dit af!!!!!! Suid Afrika sou ‘n paradys land gewees het as so wetgewing
kon ingestel word. Ons land is wetteloos en dit sal NOOIT verander nie.

Jose de casvalho ·

Maak die pa,’n held in almal se boeke,die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisie.

Theresa ·

Ja nee – Hier in SA kan dit ook heel goed werk want meer as niks word aan misdaad gedoen nie.

sylvia ·

ek sien niks fout nie die pa het sommer self plan gemaak met die verkragter en n ding wat pla, mooi so

Patat ·

Eintlik jammer die verkragter is dood. Ek sou wou wed dat hy dit nòòit weer sou doen nie. Ek hoop nie die pa word vervolg nie.

zahn ·

Patat, ek verskil, dis beter dat hy dood is, dit is al bewys dat die kastrering of veminking van die geslagsdeel niks doen aan so ‘n siek mens nie, die probleem lê tussen sy ore. Spreek die probleem daar aan, soos die pa gemaak het.

Ek skroom glad nie om te sê dat ek hierdie pa 100% ondersteun nie, en ek sal presies dieselfde doen as dit met my dogters moet gebeur. En ek belowe, ek sal nie rassisties wees nie.

Merf ·

Ja nee ek is ook ‘n ma en ek dink dit sal my kruis wees, wat ek gaan moet dra want ek sou presies dieselfde gedoen het. Maar dat dit verkeerd sou wees van my as mens, ja en dan sou ek tien teen een ook die straf moes dra. Hierdie wereld raak regtig siek en my hart kan nie sulke goed hanteer nie. Al wat ek kan se is: Here help ons wys ons die pad, beskerm ons kinders teen die duiwel se dinge. Hou ons veilig teen al hierdie wrede moord en haat. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.