Pa neem eie lewe ná seun in skietongeluk sterf

Argieffoto Foto: Jeff Quinn en Boge Quinn, gunblast.com

ʼn Man van Suid-Carolina in die VSA het vandeesweek sy eie lewe geneem oomblikke nadat sy tweejarige seun glo op sy pistool in die huis afgekom het en homself per ongeluk doodgeskiet het.

Volgens ʼn verklaring van die polisie in Columbia het Keon Myers (38), pa van die tweejarige Kyree, glo aanvanklik gedreig om sy eie lewe te neem toe nooddienste Woensdag gereageer het op ʼn 911-noodoproep van die seun se ma.

Polisieowerhede het Myers glo ʼn geruime tyd probeer oortuig om sy wapen neer te sit, maar hy het homself wel doodgeskiet.

Myers sowel as Kyree is na die Palmetto Health Richland-hospitaal gehaas, maar hulle is albei dood aan ʼn enkele kopskoot.

Volgens die polisieverklaring was die pistool nie in ʼn kluis in die huis toegesluit nie. Kyree het glo daarmee gespeel sonder dat hy geweet het die pistool is gelaai.

Die gesin se bure het intussen aan die plaaslike media gesê hulle vermoed die man moes homself uit “pure smart” geskiet het.

Dit is in dié stadium nog nie seker of Myers ʼn lisensie vir die vuurwapen gehad het nie. Die polisie kon ook nog nie meer inligting bekend maak of sê of gemene spel vermoed word nie. Die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ann ·

Klink nie vir my reg nie. ñ Tweejarige wat homself in die kop skiet? En die pa, oomblikke daarna homself? Hoekom was die wapen nie in die kluis nie? En nog iets in die berig maak nie lekker sin nie. ñ Tweejarige sal mos nie weet of ñ vuurwapen gelaai is of nie? “Kyree het glo daarmee gespeel sonder dat hy geweet het die pistool is gelaai.” Huh?

Hier is iets meer agter dit as net ñ gewone “speel met wapen en skiet per ongeluk”. Klink my die pa was dalk bietjie onstabiel.

Andre ·

Wat ‘n vreeslike tragedie – mense moet leer om wapens veilig te bewaar (baie moeilik hier by ons want jou wapen moet te alle tye binne reikafstand wees)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.