ʼn Pa in Jordanië het sy 11-jarige dogter doodgeslaan nadat sy glo iets by haar skool gesteel het.
“Die pa, in sy 40s, het sy dogter Dinsdagaand wreed aangerand nadat onderwysers haar beskuldig het van diefstal,” het ʼn veiligheidsbeampte in Zaraqa, Amman, Woensdag aan AFP gesê.
“Nadat die pa tot bedaring gekom het, is hy terug na sy dogter en het haar in ʼn koma aangetref. Hy het haar na ʼn hospitaal gehaas waar sy dood verklaar is.”
Die beampte het gesê die pa en die gesin het aanvanklik beweer dat sy van die trappe afgeval het. “ʼn Ondersoek het egter bewys wat werklik gebeur het. Die pa is aangekla dat hy sy dogter doodgeslaan het.”
Die pa kan tot 15 jaar tronkstraf gevonnis word as hy skuldig bevind word.
Amptelike statistiek van 2013 bewys dat ʼn derde van Jordanië se drie miljoen skoolkinders seksueel mishandel word en dat nagenoeg 80% ‘n vorm van fisieke geweld ervaar het. – SAPA-AFP
Die wereld is wild, die pa sal maar met sy gewete moet saamleef.